
Al maak mense hoeveel planne, wat die Here besluit, staan vas. (Spr. 19:21)
Ons gaan die begin van 2023 in met moed en spoed, reg vir die groot verandering en aanpassing van ousus wat uit die huis uit gaan. Dis moeilik dis ongemaklik. Ek kry bietjie meer insig in Salamo se denkwyse as hy verklaar in Spreuke 12:25: Bekommernis druk ‘n mens neer… Maar nie net neer nie vriendin, hy druk jou vas en wurg jou tot daar te min asem oor is en al wat jy hoor is die woeste klop van jou eie hart.
En jy wonder party dae wat het geword van jou geloof? Waar het jy so stukkie-stukkie begin glo verloor. Gelukkig tog is geloof nie ‘n gevoel nie, dis nie gekoppel aan emosies en hoe ek wanneer voel nie! Geloof is wat dit is, ‘n voldonge feit. Jy glo of jy glo nie. Continue reading “‘n Genadejaar.”

Ek wonder soms oor die hemel. En jy? Het jy ook duisende onbeantwoorde vrae en “Ek wonders…”? Ek het vermoede teen die tyd dat ek en jy in die hemel arriveer gaan die antwoorde ook nie meer so belangrik wees nie!
1 Korintiërs 13 is by verre een van my gunsteling gedeeltes in die Bybel. Dit voel amper vir my of Paulus die karakter van Jesus beskryf van vers 4-7. Vir my is Liefde die deurlopende tema van die Bybel met Johannes 3:16 wat uitspring as die uiteindelike verklaring van liefde, God se liefde vir ‘n verlore en sondige wêreld. Die offer van liefde, die offer van Sy geliefde en enigste Seun.