Ek dink God het bietjie van my vergeet…

Ek dink een of ander tyd in ieder en elk se lewe, in een of ander lewensstorm, in een of ander woestyn-seisoen voel ons of God regtig bietjie van ons vergeet het. Dit voel kompleet of God, wat mos alles weet, my adres verloor het… en asof dit nie erg genoeg is, dié godverlate gevoel nie, voel jy nog so bitter ver van Sy hart af ook. En Alleen. ‘n Seisoen wat net nie wil end kry nie, waar jy heen en weer in dieselfde woestyn-landskap verdwaal en voortploeter.

God raak soms stil… maar vriendin dis nie ‘n afwesige, weg stil nie. Dis ‘n stil, maar dog teenwoordige stil. Hierdie weet ek met absolute sekerheid: Daar is absoluut niks wat my en jou van die liefde van God kan skei nie. Romeine 8:38-39 is kosbaar verby en is ‘n konstante herinnering aan ‘n God wat liefhet tot die uiterste. The Passion Translation sê dit die heel mooiste…

So now I live with the confidence that there is nothing in the universe with the power to separate us from God’s love. I’m convinced that his love will triumph over death, life’s troubles, fallen angels, or dark rulers in the heavens. There is nothing in our present or future circumstances that can weaken His love. There is no power above us or beneath us-no power that could ever be found in the universe that can distance us from God’s passionate love, which is lavished upon us through our Lord Jesus, the Anointed One. Continue reading “Ek dink God het bietjie van my vergeet…”

Die Karoo.

Dis kompleet asof mens vryliker kan- in en uitasem in die Karoo. So al asof die skouers van die Karoo breed genoeg is om die sorge van die mensdom te dra. Klein, middel en grootmaat probleme. Waar suurstof vryliker beskikbaar is, genoeg om jou longe vol te trek, verby tot by jou siel.

Dis ‘n sielsplek. As jy lank genoeg hier vertoef en ronddwaal sal jy jou siel in die Karoo kom vind. Die Karoo is waar die niksheid knie hoogte groei. Min geraas, min lewe, maar volop vrede. Dis asof die Skepper se genade hier kom lê-plekkie vind het, nogals in oorvloedigheid. Asof daar iets spesiaals, anders aan die Karoo is. Amper iets Goddeliks. Continue reading “Die Karoo.”

Slimkoppe en Rigtings.

In Graad 1 het ousus blinkoog by die huis aangekom en verklaar: “Ek gaan eendag ‘n Graad 1 juffrou word.” So groot was die indruk wat haar graad 1 Juffrou. op haar gemaak het dat sy glad ‘n babapop na haar vernoem het. Groot was die hartseer en verlies einde van die jaar toe dit tyd geword het vir aanskuif.

Graad 2 begin so bietjie met rukke en stote, want ousus verlang na Graad 1 en haar Juffrou. Dit vat ook toe nie baie lank nie, toe kom ousus by die huis en verklaar: “Nou gaan ek ‘n graad 2 juffrou word.” Elke dag in haar kosblikkie het ek vir haar ‘n versie ingesit wat sy en die juffrou net voor pouse sou saam lees. Die graad 2 juffrou het diep spore in haar klein dogtertjie hartjie getrap. Continue reading “Slimkoppe en Rigtings.”