Ons moet partykeer bietjie introspeksie doen, so klein opname maak. Ons moet bietjie vra en ondersoek: Hoe lyk my hart? Wat gaan aan in my gedagtes? Die gedagtes in my en jou kop en die woorde wat uit onse monde kom wys eintlik maar die toestand van ons hart en gees. Of hoe? Hoe meer jy in Hom leef en bly hoe mooier lyk jou hart en gesonder is die toestand van jou siel en gees. Hoe mooier is die vrug wat jy dra.
Soms is die intensies van wat ek en jy sê en doen goed en dit lyk mooi vir almal om te sien, maar die uiteinde van ons goeie bedoelings is maar net oordeel en veroordeling teenoor alles en almal rondom ons. Ai, dis ‘n mens ding, ons is almal skuldig. Daar is ‘n spreuk wat sê: The road to hell is paved with good intentions. Ondeurdinkte ‘goeie bedoelings’ wat voordelig is vir wie? Continue reading “Bly in My!”

‘n Paar keer hierdie afgelope Desember vakansie het my oë amper uit my kop uitgespring. Nee wag, dat ek net by die begin begin voor ek jou sê hoekom my oë amper uitgeval het…
Een oggend so kort duskant die tyd wat ons ousus by die Universiteit moet gaan aflaai staan ek op, maar ek is so ver van okay af dat dit nie eers snaaks is nie. As opkrul in ‘n fetale posisie op my bed onder my duvet ‘n opsie was, sou ek dit gedoen het. As vlug en die ‘groot intrek’ heeltemal vermy ‘n opsie was het ek. Maar helaas soos met baie dinge in die lewe is daar net ‘n vorentoe. Geen sprake van omdraai nie.