Gooi Jy die Heel Eerste Klip.

Genade onbeskryflik groot, is seker een van die gewildste liedere. Hoekom? Mense smag na genade. Alle mense. Die kerk, Christendom en moontlik ek en jy  het dalk bietjie vergeet wat genade is en presies hoe dit lyk.

Genade onbeskryflik groot
Het U aan my bewys
Verlore seun, ‘n wegloopkind
Weer in die Vaderhuis

Ek is die naam van kind nie werd
Wou self my sake reël
My lewe, kanse, tyd en geld
Is nutteloos verspeel…

Moet ek en jy nie die genade wat ons in oorvloed ontvang het kan uitdeel nie? Sal mense my en jou genade teenoor ander ook kan beskryf as onbeskryflik groot? Ek wonder oor hierdie dinge vriendin. Continue reading “Gooi Jy die Heel Eerste Klip.”

Efesiërs 4:29

Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. (1983)

Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor. (1953)

Moet ook nie allerhande vuil grappe vertel of lelike praatjies maak nie. As julle iets sê, moet dit iets wees wat die moeite werd is om te sê en vir ander iets beteken. Kyk wat nodig en goed is om in die omstandighede te sê en sê dit dan. (Die Boodskap) Continue reading “Efesiërs 4:29”

My Man se Vrou is ‘HOT’.

Ek voel al vir ‘n geruime tydjie nie so heeltemal tuis in my eie vel nie. Meeste van die tyd het ek dit afgemaak as spanning, of dalk is ek besig om siek te word of iets. Elke skeet, pyn en subtiele verandering beteken iets, maar heel waarskynlik niks. Vir maklik ses maande kan ek nie verduidelik hoekom my hart sommer net op loop gaan met tye nie, dan wonder ek nogals waaroor kan ek nou moontlik stres, meer en anders as gewoonlik?

Ek begin half sleg slaap, en dan is ek natuurlik lekker moeg deur die dag… en teen 20h00 dop ek om. Ek lees die anderdag ‘n stukkie op FB! En dis skreesnaaks so akkuraat beskryf dit my slaappatrone van deesdae…

LYF: “Dit is laat. Jy beter nou slaap.”
BREIN: “Hi, skies ek pla. Soek jy die goedjies wat dalk môre kan skeefloop in alfabetiese of kronologiese volgorde.” Continue reading “My Man se Vrou is ‘HOT’.”