
Ek sien die anderdag ‘n oulike video-clip van ‘n ma en haar dogter. Die dogter is sekerlik al diep in haar sestigs en die ma laat tagtigs. Die dogter vra vir die ma: “So mom, when did you stop stressing about us kids…?” Die ma draai na die dogter en sê: “Well dear, as soon as that happens, I’ll let you know…” Lyk my ‘n Ma wat gedurig oor haar kinders worry is ‘n ding. Ai, so die einde van bekommerd wees oor kinders is nie in sig nie…
Audrey Hepburn het gesê: Die moeilikste deel van moederskap is die innerlike bekommernis en hoe om dit nie te wys nie.
Die probleem is, kinders is jou hart wat buite rondloop. Ek besoek nie te lank terug my Ginekoloog nie, sy vertel van ‘n Pappa wat so verlig was om die baba se hartjie te sien klop nadat daar probleme was, dat hy begin huil het. Hy vra toe benoud vir die Dokter wanneer gaan die gevoel van stres oor hierdie klein mensie beter raak? Op 12 weke? Die eerlike antwoord en waarheid is heel waarskynlik nader aan … NOOIT NIE! Dis stresvol om ‘n ouer te wees.
En ek kry die oumagrootjies die heel jammerste. Ek onthou my ouma het ‘n hele lys gehad van kinders, kleinkinders en agterkleinkinders waarvoor sy elke oggend en elke aand gebid het. Harde werk om ‘n biddende ma, ouma en oumagrootjie te wees. Groot verantwoordelikheid ook! Continue reading “‘n Ma wat Worry.”



