Geskape om Gelukkig te Wees…

Is ons? Geskape om gelukkig te wees? Hang dit moontlik af van ons definisie van gelukkig? En is dit ‘n hemelse gefundeerde definisie, of ‘n aardse ene, ‘n definisie met die hulp van Tik Tok? Of AI?

Geskape om gelukkig te wees… net misken soek ons eintlik net nog ‘n pick-me-up-prosperity prekie. En hoe verskil gelukkig wees en ‘vind jou vreugde in die Here’ en wat is die verskil nou eintlik? Wonder jy ook oor sulke goedjies? Of is dit net ek?

Miskien moet ons dan net gelukkig definieër? En gaan elkeen se definisie nie verskil volgens ons eie persoonlike voorkeure en persoonlikhede nie? Is gelukkig en tevrede dieselfde ding? Of is hulle doel om handjies te vat en in die stop paadjie af te loop met ‘n mooi son wat in die agtergrond sak? Continue reading “Geskape om Gelukkig te Wees…”

Vir My is jy nie onsigbaar nie…

Liewe vrou, jy weet en ek weet, soms is dit onmoontlik om nie onsigbaar te voel nie, om nie alleen te voel in jou eie klein wêreldjie nie, oomblikke wat jy ‘n ekstra bietjie bemoediging kort, ‘n stille-herinnering dat jy saak maak, dat jy ‘n doel het hier op aarde …

Soms is al wat ek en jy kort ‘n hernude stukkie geloof sodat ons elke dag kan doen wat gedoen moet word. Mag jy met sekerheid weet in jou lag en in jou huil, in jou oorwinnings en in neerlae dat die God van Psalm 139 jou sien… Vir Hom is jy nie onsigbaar nie, want Hy is die God wat sien, die God wat jou raaksien.

Liewe jong vrou, jy wat nog jou voete vind in hierdie wêreld, wat nog probeer agterkom wie jy is en waarvoor jy staan… God sal jou vooruitgaan. Mag jy vind waarna jy soek, mag jou drome mooi en goed wees. Our deepest wishes are whispers of our authentic self. We must learn to respect them. We must learn to listen. (Sarah Ban Breathnach.) Jy is nie vir God onsigbaar nie… Continue reading “Vir My is jy nie onsigbaar nie…”

Nogtans Geloof.

Al sou die vyeboom nie bot nie, en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk, en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees NOGTANS sal ek in die HERE jubel, sal ek juig in God my Redder. Die HERE, my God, gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van ‘n ribbok, op hoë plekk laat Hy my veilig loop. (Hab. 3:17-10)

Wat beteken ‘n nogtans geloof? Dit beteken ek kies volharding, geloof ten spyte van swaarkry, twyfel of teenspoed. Nogtans- ‘n keuse wat gemaak moet word. ‘n Onwankelbare vertroue in die God van Abraham, Isak en Jakob, selfs as die sigbare uitkoms nie daar is nie, wanneer jy vasgevang voel in ‘n situasie, wanneer jy opgeskeep is met eensaamheid. Met hopeloosheid en moedeloosheid as jou enigste metgeselle, wanneer selfs die liggie aan die einde van jou pikdonker tonnel moed opgegee het en aanbeweeg het.

Continue reading “Nogtans Geloof.”