My Skild…

Ek raak vir een hele week elke oggend met die lied Valor (Christy Nockels) in my hart wakker, en ek weet die Here wil vir my iets sê, iets vir my oopbreek. Valor: Great courage in the face of danger, especially in battle. Met die mooiste sinonieme: Bravery, courage, fearlessness. En die woorde van die lied raak my diep… Continue reading “My Skild…”

In die Naam van Jesus

In die Naam van Jesus… hoekom in Sy Naam? Want daar is krag en outoriteit in Sy Naam. Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is… (Filip. 2:9-11)

Wat beteken dit om te glo? Wat moet ek en jy glo? Ons moet glo wat Johannes 3:16 sê, dat Jesus die Verlosser is en dat Hy uit die dood opgestaan het, maar ek en jy moet glo dat dit persoonlik is. Want so lief het God vir my, dat Hy Sy enigste Seun aarde toe gestuur het om namens my aan ‘n kruis te kom sterf… dit is glo… Continue reading “In die Naam van Jesus”

Ek is bang vir God…

Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin. Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?” En die mens antwoord: “Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal. Toe het ek weggekruip.” (Gen. 3:8-10)

Adam en Eva is skrikkerig vir hulle Maker, want sonde het skeiding gebring tussen Skepper en skepsel. Vriendin, miskien voel jy ook soms bang vir God? En ons verstaan van die Bybel en God is mos maar op beste beperk. Soos Paulus tereg in 1 Korintiërs 13 sê, ons kyk in ‘n dowwe spieël en sien ‘n raaiselgtige beeld. Continue reading “Ek is bang vir God…”