Om geken te word deur HOM!

Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. Ek het jou gevorm, Ek het jou gemaak. Jy is vir My kosbaar en Ek het jou lief. (Jes. 43:1,4,7) My liefde vir jou is onverganklik. (Ps. 103:17) Ek ken jou, Ek sien dwarsdeur jou. Ek ken jou gedagtes nog voor hulle by jou opkom. Ek het jou mensekind op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. (Ps. 139:1-2,14) Ja liewe kind, jy is as beeld van My geskape. (Gen. 1:27)

Liewe kind, Ek het jou voor jou geboorte al geroep; toe jy nog in jou moeder se liggaam was het Ek jou op jou naam genoem. (Jes. 49:1) Voordat ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken, nie van geweet nie…geken. Voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy. (Jer. 1:5) Ek ken jou op jou naam, Ek is jou goedgesind. (Eks. 33:17) Ek ken jou wat aan My behoort. (2 Tim. 2:19) Continue reading “Om geken te word deur HOM!”

Genade is Grys.

 

Toe ek jonger was, was ek beslis ‘n swart en wit mens… ek was eintlik nog baie swart en wit tot seker so paar jaar terug… Ek sou maklik met iemand argumenteer as my standpunt verskil het, ek sou ook maklik argumenteer oor God en sommer die Bybel ook (So asof ek nou so wafferse Bybelkenner was of is) Wat het verander? Ek dink ek het tot die skokkende besef gekom dat elkeen ‘n storie in sy hart ronddra wat ek absoluut niks van af weet nie… en ek het ook agtergekom dat ons almal kort genade van God, verseker, maar defnitief ook van mekaar.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek glo nogsteeds alles presies soos dit in die Bybel staan, want dis God se Woord. Reg is reg, verkeerd is verkeerd, maar die kleur van genade is nie wit of swart nie, maar grys. Ek en jy, as sondige mense, kort genade ten spyte van al ons sondes en die dinge wat ons daagliks verkeerd doen. Continue reading “Genade is Grys.”

Wie dit mag aangaan…

Ek wou nie sê liewe of liefste Kommerkous nie, dit klink te intiem en bekend, beste, was verseker ook nie die korrekte woordkeuse nie. So dan sal dit maar net moet wees… Kommerkous.

Met hierdie skrywe wil ek jou graag in kennis stel dat jou invloed met onmiddellike effek opgeskort word. Jou dienste word eenvoudig nie meer benodig nie. Ek is die baas van my, nie jy nie. So, dit is dan ‘n vaarwel, ek wil sê dit was lekker, want dis die ordentlike ding om te sê, maar ek is verby die punt van ordentlik wees met jou, ek is wel klaar met jou. Nie vir eens nie, sommer vir altyd. Continue reading “Wie dit mag aangaan…”