Die Goeie Herder. (Psalm 23)

Ek, die Here jou God, is jou Herder…
Ek, die goeie Herder roep my skape op hul name. Ek loop voor hulle uit, hulle volg my want hulle ken my stem. (Joh. 10:3-4) Ek het my lewe vir my skape afgelê. (Joh. 10:11) Die lammers maak Ek bymekaar in My arms en Ek dra hulle teen My bors… naby My hart. (Jes. 40:11)

Jy kom niks kort nie…
Ek gee vir jou lewe in oorvloed. (Joh. 10:10) Uit My oorvloed ontvang jy genade op genade. (Joh. 1:16) Alles wat jy ontvang kom van My af, (Ps. 16:5) in goeie maat, ingestamp, geskud en propvol. (Luk. 6:38) Ek maak My hand oop en jy kry meer as genoeg. (Ps. 104:28)

Ek laat jou rus in groen weivelde…
As jy gaan lê, slaap goed, want jy word weer wakker, want Ek sorg vir jou. (Ps. 3:6) Gaan lê… onbesorg en raak dadelik aan die slaap, want Ek alleen laat jou veilig woon. (Ps. 4:9) Kom na my toe, my kind, jy wat uitgeput en oorlaai is, ek wil vir jou rus gee, net by My kan jy rus kry vir jou gemoed. (Matt. 11:28) Ek het gerus op die sewende dag, is dit nie tyd dat jy in my rus ingaan nie? (Heb. 4:10) Ek gee die vermoeides krag, Ek versterk jou wanneer jy nie meer kan nie. (Jes. 40:31)

Ek bring jou by waters waar daar vrede is…
Ek sal jou gebede verhoor en aan jou vrede gee, en jou vrede wees. (Num. 6:26) Wie reg doen sal vrede hê, (Jes. 32:17) jy is nie meer ver van My af nie. (Ef. 2:19)

Ek gee jou nuwe krag…
Ek omgord jou met krag, Ek maak jou pad voorspoedig. (2 Sam. 22:33) Ek is jou krag en jou beskerming, Ek gee genade en eer, Ek weerhou die goeie nie van jou wat reg lewe nie, (Ps. 84:12) maar jy wat op My vertrou kry nuwe krag, jy sal vlieg met arendsvlerke. (Jes. 40:31)

Ek lei jou op die regte paaie tot die eer van My naam…
Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en My oog oor jou hou. (Ps. 32:8) Ek help jou op as jy geval het. (Ps. 145:14)

Selfs al gaan jy deur donker dieptes, hoef jy nie bang te wees nie…
Ek sal jou opbeur as jy neerslagtig is. (2 Kor. 7:6) Ek sal die trane van jou oё afdroog. (Openb. 21:4) Ek sê vir jou: “Dit is Ek, moenie bang wees nie.” (Joh. 6:20) Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie. Ek is jou God. Ek hou jou vas, met my eie hand red ek jou. (Jes. 41:10) Ek sal jou hand nooit laat gaan nie. (Jes. 40:13)

Ek is by jou, in My hande is jy veilig…
Ek omsluit jou van alle kante, (Ps. 139:5) My trou beskerm jou aan alle kante. (Ps. 91:4) Op die dag van gevaar sal Ek jou wegsteek in My huis, jou hoog op ‘n rots laat staan. (Ps. 27:5) Ek sal My engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan. (Ps. 91:11)

Ek laat jou by ‘n feesmaal aansit terwyl jou teёstanders moet toekyk…
Weet jy dan nie? Verstaan jy dit steeds nie? Wie aan jou vat, vat aan My oogappel. (Sag. 2:8) Ek trek immers niemand voor nie. (Rom. 2:11) My liefde vir jou bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. (1 Kor. 13:7) Ek ken jou ten volle. (1 Kor. 13:12)

Ek ontvang jou soos ‘n eregas, Ek oorlaai jou met hartlikheid…
Ek skenk jou voorspoed en geluk, Ek plaas ‘n goue kroon op jou kop. (Ps. 21:4) Ek sal jou soos ‘n sierlike kroon in My hand hou, Ek sal jou soos ‘n koninklike tulband vashou. (Jesaja 62:3)

My goedheid en guns sal by jou wees…
Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan. (Jos. 1:9) Aan My liefde vir jou is daar geen einde nie. (Ps. 136) Ek gaan jou vooruit en Ek sal vir jou veg. (Deut. 1:30) Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar My liefde vir jou sal nooit verdwyn nie. (Jes. 54:10)

En jy sal tuis wees in MY huis tot in lengte van dae…

U lei my met U raad en aan die einde sal U my in ere by U opneem. Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie. (Ps. 73:24-25), maar wat my aangaan dit is vir my goed om naby U te wees, my Herder. (Ps. 73:28)

Rapporte, Punte, Gene en al daai lekker dinge…

Dis Sondagaand, ons kies ‘n fliek, sommer aksie, want dit is darem min of meer iets waarvan almal hou. Ek, wederhelfte en kleinsus. So halfpad deur die fliek vlieg manlief op met die verskoning dat hy gou sy ma gaan bel. Okay sê ek, stuur liefde en groete…

Hier in die ¾ van die fliek spring kleinsus op, te midde van ‘n reuse skietgeveg, verklaar sy, klaar gekyk, gaan nou stort en hare was… okay sê ek, geniet dit!

Nou kyk ek ‘n opwindende fliek stoksielalleen… Hier op die heel einde, amper voor die krediete rol, kom manlief die vertrek in en vra: Wat kyk jy? Uhm, dieselfde fliek wat ons saam begin kyk het? En Kleinsus? Sy was moeg gekyk. En ek besef net, dis regtig soms moeilik om te baklei teen jou genetiese samestelling, jy erf wat jy erf van jou ouers, en daarmee moet jy werk…   Continue reading “Rapporte, Punte, Gene en al daai lekker dinge…”

Wat is dan die Wil van God?

Vir my is dit ‘n moeilike konsep, met baie vrae, en bietjie minder antwoorde. Tog wil ek (en ek het ‘n sterk vermoede jy ook) so bitter graag in die wil van God lewe. Dit is op die ou end wat ons wil! Wil ons die plan wat Hy vir ons lewens het raak leef en uitleef.

Die afgelope week lees ek die volgende raak oor die Wil van God.

God wants more: He lays claim not to half the will, but the whole. He demands not only external acts which cannot be controlled or checked. He demands man’s heart. He wants not only good fruits, but the good tree: not only action, but being; not something, but myself-and myself wholly and entirely. (Hans Küng) Continue reading “Wat is dan die Wil van God?”