Waarheid maak Vry vs Waarheid maak Seer.

Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid,
sal Hy julle in die hele waarheid lei.
(Joh. 16:13)

Ons haal so baie graag die versie in Johannes 8:32 aan … en die waarheid sal julle vry maak. (Joh 8:32) Heel uit konteks en om ons eie agendas te ontmoet. Ek het wyd en syd gaan oplees oor hierdie versie: Dit kom hierop neer, ons is ALMAL sondaars. Dit is dié waarheid: ALMAL het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van Sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. (Rom. 3: 23-24)

Die waarheid is ons kan onsselwers nie red nie, nee ons het Jesus nodig. Ons is aangewese op die genade van God en die geskenk van Jesus aan ‘n houtkruis. Dis die kruisdood van my en jou Verlosser wat ons waaragtig vry maak.

In die lewe, dood en opstanding van Hom wat deur God gestuur is, het ons die WEG en die WAARHEID en die LEWE. Ons moet in die waarheid leef van wie Jesus is en wie Hy is wat in ons leef. Die waarheid is: wanneer Jesus jou vrymaak is jy waarlik vry! Continue reading “Waarheid maak Vry vs Waarheid maak Seer.”

Weeg net Minder!

Ek staan die ander oggend voor die spieël en bekyk myself op en af en van die kant na daai kant, en ek dink by myself… lyk amper of ek bietjie gewig verloor het! En jy weet vriendin, dis hoe kragtig jou brein is en wat jy glo! Ek glo ek het gewig verloor, ek voel eintlik heel goed. Ek sleep toe die stowwerige skaal onder uit die hangkas uit… ai ek moes eerder net geglo het wat my oë gesien het. (Of altans gedink het hulle sien)

Ek klim op die skaal, die skaal kreun en steun en fluister benoud: “Klim eerder af!” Ai jai jai! En daar is die offisieël, ek het een van my eie rekords gebreek, na die verkeerde kant toe. Ek kyk beskuldigend na Menopause se kant toe, want sien iemand moet skuld kry! Dit het niks met my verkeerde eetpatrone van die afgelope paar maande te doen nie. Menopause tel net skouers op… en net daar whatsapp ek my Weigh Less tannie: “Ek sien tannie Vrydag!” Continue reading “Weeg net Minder!”

KLA jy?

Op pad kerk toe anderdag besluit ek en manlief (ons) mag vir een dag glad nie kla nie. Hy vra altyd hoeveel onse is in my pond, want as ek sê ‘ons’ moet die vuilgoed uitvat beteken dit eintlik hý moet. Maar ek is darem die vrou in die ‘ons’, so ek kla seker meer as hy, maar ek kan dit nie met sekerheid sê nie, ek het net so vermoede.

Elk geval, ek het nie opgestaan en besluit dis ‘n kla-lose dag uit my eie uit nie. Ek volg Mel Robbins op sosiale media, en haar uitdaging vir die dag was om vir een dag glad nie te kla nie. Jy kan haar gerus gaan volg, druk maar net jou ore so nou en wan toe, want sy is nogals lief om die kierietjie ‘F’ woord te gebruik. Continue reading “KLA jy?”