Om geken te word deur HOM!

Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. Ek het jou gevorm, Ek het jou gemaak. Jy is vir My kosbaar en Ek het jou lief. (Jes. 43:1,4,7) My liefde vir jou is onverganklik. (Ps. 103:17) Ek ken jou, Ek sien dwarsdeur jou. Ek ken jou gedagtes nog voor hulle by jou opkom. Ek het jou mensekind op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. (Ps. 139:1-2,14) Ja liewe kind, jy is as beeld van My geskape. (Gen. 1:27)

Liewe kind, Ek het jou voor jou geboorte al geroep; toe jy nog in jou moeder se liggaam was het Ek jou op jou naam genoem. (Jes. 49:1) Voordat ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken, nie van geweet nie…geken. Voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy. (Jer. 1:5) Ek ken jou op jou naam, Ek is jou goedgesind. (Eks. 33:17) Ek ken jou wat aan My behoort. (2 Tim. 2:19) Continue reading “Om geken te word deur HOM!”

Ek is Naby!

Die Ingelse het ‘n woordjie met groot betekenis: Implode. [Collapse or cause to collapse violently inwards.] Wanneer dinge nie is soos dit moet wees nie, ver van ideaal, wanneer jy voor jou siel weet, jy is als, behalwe okay! Die mat van die lewe is onder jou uitgepluk en jy lê op die naat van jou rug en snak na asem…

Ek ken nie jou, wat hier lees, se storie nie. Ek ken nie jou verlies, jou pyn, jou struikeling, jou stryd waarin jy tans gewikkel is nie, maar vir jou wat hier lees vandag, wil ek sê, dis okay om nie okay te wees nie! Dis okay om nie te weet wat volgende is nie… Die Psalmdigters het ‘n paar Psalms geskryf, eintlik klaagliedere, want ook hulle het ‘n moment of twee beleef wat vorentoe, op kyk en voort beur, net glad nie ‘n opsie was nie, want in die oomblik tussen die woorde en bladsye van die Bybel ervaar ons, hulle was alles behalwe okay. Continue reading “Ek is Naby!”

Het U mý Lief?

Voel jy ook soms om te vra of God jou werklik lief het? Vir jou, persoonlik, nie die mensdom of die wêreld nie, maar vir jou met al jou foute en dinge wat maar pla en skaaf. Dat Hy jou op jou naam ken, dat Hy jou intiemste hartsbegeerte ken, dat Hy letterlik weet hoe jy aanmekaar gesit is? Wat in jou alledaagse lewe aangaan… van wasgoed, kos, werk, huwelik? Van sukkel en struikel, stres en bekommerd wees… Ken God elke hoekie van jou hart en siel, en ten spyte daarvan… vra jy ook: Het U mý lief?

God het elkeen van ons só lief,
asof daar net een van ons is om lief te hê.
(Augustinus)

 God is aan my en jou kant. Sy liefde veg vir ons en namens ons. Hy kies jou oor en oor, weer en weer. Dis juis hierdie liefde vir my en jou wat ons deur elke dag dra. Ons worsteling op aarde is nie alleen nie, God se liefde is ons versekering en skuilplek. Continue reading “Het U mý Lief?”