Net by Jesus…

By wie vind jy vertroosting as jy sielsongelukkig en verstote voel deur hierdie wêreld en die mense wat die aarde bewoon en bewandel? Is dit nie net by Jesus nie? Is Sy juk nie sag en Sy las lig nie? (Mat. 11:28-30) Hy is naby wanneer jou hart gebroke daarna uitsien, net by Jesus sal jy rus vind vir jou siel, Hy sal jou red wanneer jy verslae van gees is. (Ps. 34:18)

Net by Jesus vind jy volkome vrede… nie die kitsvrede van die wêreld wat so vinnig gaan soos dit gearriveer het nie. Vlietend van aard. Sy vrede is ewigdurend, en wanneer Sy vrede deel word van jou DNA, voor jy jou kom kry het jy vrede te midde van storms. Is jou optrede vol vrede. Is jou woorde gevul met vrede. Te midde van dorings en dissels op die lewenspad. Jesus se vrede is ‘n innerlike vrede, maar dis nie ‘n verniet vrede nie, dis ‘n vrede wat spruit uit ‘n intiem-persoonlike verhouding met Hom. Jesus se vrede bring kalmte, troos ons wanneer ons troosteloos is en versterk ons ten spyte van elke dag se uitdagings, en die onsekerheid van die lewe. Continue reading “Net by Jesus…”

Bly in My!

Ons moet partykeer bietjie introspeksie doen, so klein opname maak. Ons moet bietjie vra en ondersoek: Hoe lyk my hart? Wat gaan aan in my gedagtes? Die gedagtes in my en jou kop en die woorde wat uit onse monde kom wys eintlik maar die toestand van ons hart en gees. Of hoe? Hoe meer jy in Hom leef en bly hoe mooier lyk jou hart en gesonder is die toestand van jou siel en gees. Hoe mooier is die vrug wat jy dra.

Soms is die intensies van wat ek en jy sê en doen goed en dit lyk mooi vir almal om te sien, maar die uiteinde van ons goeie bedoelings is maar net oordeel en veroordeling teenoor alles en almal rondom ons. Ai, dis ‘n mens ding, ons is almal skuldig. Daar is ‘n spreuk wat sê: The road to hell is paved with good intentions. Ondeurdinkte ‘goeie bedoelings’ wat voordelig is vir wie? Continue reading “Bly in My!”

Nog Naderby.

Waarna smag jou hart? Wat is die behoefte van jou siel? Is jy sommer net moeg en gedaan al soekend na iets, maar ook nie heeltemal seker waarna nie op hierdie laaste daggie van 2020?

Gee aandag en kom na My toe, luister… (Jes. 55:3) Is dit waarna jou siel en gees smag? Om nog naderby aan God se hart te beweeg. Om Sy hartklop in jou oor te hoor tewyl jy op Sy skoot sit met jou kop teen Sy bors? Op jou Pappa se skoot. Veilig, geborge, weggesteek. Jesaja sê: gee aandag, gaan na Hom toe en luister.

Wat beteken dit om aandag te gee? Dit beteken gee vrye verbeelding. Sien Hom oral om jou, in die natuur, in die wind wat liggies met die gordyn speel. Voel Hom in die drukkie wat jy vir jou man gee, soek Hom orals in die alledaagsheid van jou bestaan … jy sal Hom daar vind. Gaan nader, sonder vrees. Jy is so welkom in die Troonkamer. Continue reading “Nog Naderby.”