Die storie van die Diamant.

Eendag, lank lank gelede was daar diep diep onder die grond ‘n stukkie koolstof, sy was nie gelukkig nie, maar ook nie juis ongelukkig nie… maar sy het altyd gehoop, gedink, gewonder of sy nie meer behoort te wees nie. Sy het met God hieroor gepraat… en ja werklikwaar daar was meer, God het haar belowe, Hy, wat goed is, sal haar nooit begewe of verlaat nie.

Soos die tyd aanbeweeg, baie baie tyd, en die druk van die lewe haar ampertjies onder kry, druk sy deur en sy hou vas aan die soom van Jesus. Omdat sy diep onder die aardkors bly, is dit warm, amper te warm. En sy ‘suffer’ soos die Engelsman sê, en dis warm en die druk hou net eenvoudig nooit op nie, maar tussen die ongemak en pyn, bly sy altyd bewus van Hom wat haar regterhand styf in Syne vashou! Continue reading “Die storie van die Diamant.”

Die Storie van die Boom.

Vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here ‘n toevlug, ‘n skuilplek in tye van nood. Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U, want U, Here, laat dié wat vra na U WIL, nie in die steek nie. (Ps. 9:10-11)

Op die vlakte, tussen sand en stof, in die Suide van Namibië staan ‘n boom tussen êrens en nêrens. Die Boom vertel ‘n storie van swaakry, uithou, aanhou en oorwinning. Van ver af is dit ‘n pragtige boom, ‘n boom wat jy wil verewig op kamera, maar soos jy nader stap en wil kennis maak met die boom, vertel die boom ‘n heel ander storie.

‘n Storie van seer, dood en struikeling. In die middel van die boom groei ‘n dooie tak ‘n halwe meter bo die top van die boom uit, die stam ‘n stille getuienis van intense seerkry, en selfs, gedeeltelike dood. Sien vriendin, hier in die woestynagtigheid moes hierdie boom kies… lewe of dood. Die keuse om te lewe en te floreer ten spyte van woestyn omstandighede is soms moeilik. Die besluit om kop op te tel en voort te beur in geloof, en vertroue. Om te blom ten spyte van ongunstige omstandighede. Continue reading “Die Storie van die Boom.”

Wanneer Teleurstelling aan jou deur klop.

Maybe you’ve been assigned this mountain to show others it can be moved. (Mel Robbins)

Vriendin, is teleurstellings nie deel van die lewe nie? Iets wat elke dan en wan sy opwagting maak. Hierdie stukkie gaan nie so seer oor teleurstellings nie, maar dit gaan hoe ons reageer op teleurstellings. Wanneer ons ingesteldheid meer is op wat God wil, is dit soms makliker om teleurstellings die hoof te bied.

Soms gebeur dit dat ons lank oor iets bid, en in ons harte oortuig dit is presies wat God wil. Ons is kinderlik-opgewonde oor die nuwe vooruitsigte, oor die nuwe seisoen. Ons vertrou God… dat Hy agter die skerms vir ons alles ten goede sal meewerk. En dan gebeur dit eenvoudig nie, nie eers ‘n afgewaterde alternatief nie, maar niks. Groot is die teleurstelling dan, want hoe het ek God so misverstaan, het Hy nie gehoor toe ek gevra het nie?

Vriendin en ons almal se teleurstelling het nie dieselfde naam nie, sommige teleurstellings is veel groter as ander, sommiges lewensveranderd. ‘n Verhouding wat misluk, ‘n nuwe werksgeleentheid wat deur die mat val, ‘n Universiteits-aansoek wat nie gaan soos jy beplan het nie… ‘n Kind se rapport wat nie voldoen aan jou vereistes nie. Continue reading “Wanneer Teleurstelling aan jou deur klop.”