
Kom ek skinder bietjie van jou ma, nee miskien ken ek haar nie persoonlik nie, maar luister alle mammas is maar dieselfde aanmekaar gesit. So min of meer. Jou ma was ook eens op ‘n tyd ‘n tiener… jip, kan jy dit in jou lewe oorvertel! Ons as mammas ly net soms so bietjie aan geheueverlies, ons vergeet so met tyd hoe moeilik dit was om tiener te wees, hoe ons soms deurmekaar gevoel het, soms hartseer, soms kwaad, baie alleen met ‘n gevoel dat niemand ons regtig verstaan nie. Voel jy soms so bietjie so sussie?
Ek wil jou nog ‘n geheim vertel van jou ma wat so gedurig op jou ‘case’ is, jy is haar hart wat buitekant rondloop. Regtig! Eers het sy jou onder haar hart rond gedra vir nege lange maande, toe moet sy gewoond raak aan jou buite haar en nie binne haar, maar haar hart was nooit weer dieselfde nie. ‘n Groot deel van haar hart het jy saam met jou geneem toe jy uitklim, ‘n deeltjie is altyd bekommerd oor jou… al is jy die soetste kind wat jyself ken. ‘n Deeltjie van haar hart behoort vir altyd net aan jou. Continue reading “Genade vir ‘n Ma.”

Ag my liewe vriendin, is dit nie so dat ons maar altyd oor ons kindertjies bekommerd is nie? So baie van ons is op ‘n ongemaklike groeifase van kinders grootmaak. Ek ken so baie Mammas wat hierdie jaar kids het wat klaar is met skool wat die grootmens/studente lewe met mag en krag aanpak. Of daar is kids wat nog by die huis sit ‘n jaar of drie na skool wat nie lekker kan rigting kry nie. Ander is weer naby klaar geswot… en wat nou verder. Waar gaan hulle werk, waar gaan hulle woon. Baie Mammas navigeer die onbekende pad van: nie-weet-nie. En die nie-weet-nie sit nie altyd so lekker hier in die binneste nie.
As ek R5 gekry het vir elke keer wat ek die volgende frase gebruik: ek is jou mamma, nie jou maatjie nie, dan sou ek skatryk gewees het. En jy? Hier is die ding, jy kan nie jou tienerdogter se beste vriendin en mamma wees nie, soos baie dinge gaan een rol daaronder ly, en ek kan jou amper ‘n brief gee oor watter rol dit gaan wees.