Ek en Jannie is die jaar 22 jaar getroud. ‘n Leeftyd van bymekaar maak, leef, vervang. Koop en verkoop. Kort na ons troue het ons, ons eerste meubels begin aanskaf. (Kan jy onthou? Daar was ‘n tyd toe van jou vertrekke leeg gestaan het, want jy was pasgetroud en nog besig om huis op te sit, goeie ou dae nê!) Nou kom die liedjie Pasgetroud van Anton Goosen in my kop op. Maar nietemin ek praat-skryf my skoon van my eie storie af.
Van die heel eerste meubelstukke wat ons aangeskaf het was ‘n eetkamerstel wat ons by Bloemfontein se mark bestel het, nogals ‘n Oregon pine ene. Sjoe dit was so exciting… en ons moes paar weke wag, want jou stel word spesiaal gemaak. So 7 jaar terug sê-vra ek vir my beterhelfte: “Is dit nie tyd vir ‘n nuwe eetkamerstel nie?” Natuurlik stem die minister van finansies van ons huis nie saam nie. “Nee! Die stel makeer mos niks!” Toe sien ek maar ‘n plan en verf die hele stel met Annie Sloane net om so bietjie nuwe lewe aan die stel te gee. Vir die volgende 6 jaar was ek heel tevrede met die stel! Continue reading “Die Tafel.”

Wiskunde was beslis nie een van my sterk punte op skool nie. Nietemin dis hoe my kop en my som werk. As ek 50% gee vir ons huwelik en Jannie gee 50% dan het ons ‘n huwelik van 50%… niks minder en niks meer nie. Vir ‘n huwelik om 100% te werk moet jy en jou huweliksmaat albei 100% gee. Jy moet jou alles gee en jou maat se belange en behoeftes voor jou eie stel… dis hoe ‘n huwelik werk.
Ek en Jannie het al ‘n ou-getroude roetine vir oggende. Hy staan 5:30 op en gaan maak tee want ek kan nie sonder tee in my lyf eers begin dink aan beweeg nie! Dan gaan die gesprek gewoonlik soos volg: Hy vra altyd wat ek gedroom het, my drome is altyd baie entertaining… gits ek droom glad in vervolg verhale. Ek vra nooit vir hom wat hy gedroom het nie, want of hy droom nie, of hy kan nie onthou nie. Who knows? Ek vra altyd of hy wakker gelê het deur die nag en so begin ons dag… so al geselsend.