Oor Braaf-wees en Dapperheid.

Dankie Kleinsus vir die pragtige skets.

Vir die van julle wat nie weet nie, ek is een van ‘n nie-identiese tweeling. Jip nie ‘gecopy’ en ‘gepaste’ nie, maar twee individue wat heel toevallig ‘n uterus huisie gedeel het vir 9 maande.

Sjoe, daar is soveel voordele verbonde aan twee vir die prys van een! Dis soos om saam met jou beste vriendin gebore te word en dan so saam-saam deur die op en af’s van die lewe te loop. Dis heel handig om ‘n permanente vertroueling, vriendin, ‘n loop-jy-maar-voor maatjie te hê! Continue reading “Oor Braaf-wees en Dapperheid.”

‘n ‘Cool’ Vriendin.

As ek R5 gekry het vir elke keer wat ek die volgende frase gebruik: ek is jou mamma, nie jou maatjie nie, dan sou ek skatryk gewees het. En jy? Hier is die ding, jy kan nie jou tienerdogter se beste vriendin en mamma wees nie, soos baie dinge gaan een rol daaronder ly, en ek kan jou amper ‘n brief gee oor watter rol dit gaan wees.

Daar moet duidelike lyne en rolverdelings wees. Hoeveel respek dink jy is daar in tiener verhoudings tussen maats? Ek het ‘n ding oor respek, dis vir my die basis van enige verhouding, dis eintlik die gom van menswees. Jy kan enige iets sê en doen op ‘n respekvolle manier. Tot raas ook! Continue reading “‘n ‘Cool’ Vriendin.”

Oor ‘Like’ en ‘Share’.

Van die van julle wat nie weet nie, ek het ook ‘n Wees stil Facebook blad. Daarop deel ek  inspirerende Bybelversies en my blog posts. Ek is mos maar dommerig met tegnologie, so effe tegnologies gestremd, heel waarskynlik gedeeltelik a.g.v. my ouderdom en gedeeltelik miskien die feit dat ek regtig nie van tegnologie en rekenaars hou nie. Facebook is eintlik tydrowend en vat baie meer as wat dit gee.

Facebook het my darem ietsie geleer ook! Jy kan ‘n post ‘like’ tot jy potblou in die gesig is, maar as jy nie die post ‘share’ nie gaan dit nie veel verder as jou eie sad FB blad nie. Dis ‘n lewensles, nie ‘n FB-les nie. Nee ek vra nie jy moet die goedjies wat ek opsit ‘like’ of selfs ‘share’ nie, maar dit het betrekking op Jesus. Huh? Mind-blowing, ek weet! Continue reading “Oor ‘Like’ en ‘Share’.”