Ek is Vrou.

Sjoe, ek wou eers sê ‘n paar jaar terug toe ek in Matriek was, toe besef ek, ek moet eerder sê twee dekades plus terug. Nietemin ek het ‘n vriend gehad wat eendag vir my gesê het ek is emosioneel onstabiel. Kan jy dit glo! Ek? Emosioneel onstabiel? Mensig, ek was de vieste in vir hom! Die waarheid, en die besef kom natuurlik met wysheid en baie water wat in die see geloop het; ja, ek is bietjie, soms, emosioneel onstabiel, en weet jy hoekom? WANT EK IS VROU.

So ja, ek kan in een dag deurmekaar, bly, hartseer, vol vrede, bang, vreugdevol, angstig, hoopvol, hopeloos, rustig, paniekerig, omgeêllie voel. Die eerlike waarheid; meeste van die tyd weet ek nie wat ek voel en hoekom ek so voel nie. Soms is dit nodig om die baie emosies wat ons voel naam te gee, te herken en te erken en nie skaam te wees daaroor nie, want ek en jy is vrou. Continue reading “Ek is Vrou.”

Die Appel val nie ver van die boom nie.

Wat maak ‘n appelboom ‘n appelboom? As daar appels aan die boom hang dan is dit sekerlik ‘n appelboom? So mens kan dan seker tereg sê: die boom word geken aan die vrugte wat hy dra. Net so word ek en jy ook geken aan die vrug wat ons dra. Hoe lyk die vrug wat jy dra my liewe vriendin in Jesus? Kyk mense na jou en sê: Jip defnitief, beslis ‘n dogter van die Koning? Bewys die vrug wat jy dra dat jy bekeer is? (Matt. 3:8)

Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. (Gal. 5:22) Ek het vir jare gepraat en gelees van die vrugte van die Gees, maar sien jy dis vrug van die Gees. Enkelvoud. Ek het baie gewonder daaroor, weet jy hoekom dit so is? Dis vrug is liefde en die deeltjies of die vrug van die Gees bly deel van een vrug, net so is elke vrug van die Gees deel van die eenheid. Jy kan ongelukkig nie ‘pick en choose’ watter vrug van die Gees jy lus het om na te kom nie. Dis nie ‘n tick boksie en jy kies watter een vir jou die beste werk, die beste by jou persoonlikheid pas nie. Dis ‘n alles of niks tipe situasie. Continue reading “Die Appel val nie ver van die boom nie.”

Maak jou Huis Mooi Skoon.

Jip hierdie blog gaan oor huis skoonmaak, siende dat ek ‘n huisvrou is het ek die besigheid mooi onder die knie en ek deel graag my huis skoonmaak wenke #101 met jou… ha ha. Nee ek spot en ek is lekker laf. Maar terwyl ek nou op die onderwerp is, as jy soos ek die huiskoonmaker, die skottelgoedwasser, kosmaker, wasgoedwasser, strykster ens is. Sussie ek voel jou pyn dis harde, ondankbare werk. Noem ons dan maar susters in verdrukking…

Ek wil wel bietjie gesels oor huis skoonmaak, maar dis die ander soort ene waarvan ek praat. Soms kom tik God so liggies op my skouer en Hy sê: “Vertel bietjie van die keer… wat jy moes huis skoon maak.” Nou kyk jy kan dink ek het die plot nou heeltemal verloor, ek is die kluts skoon kwyt, en dan is dit goed so… en jy kan natuurlik met my verskil… dis ook goed so. Continue reading “Maak jou Huis Mooi Skoon.”