Ons Reëls.

As daar een ding is wat nie te sleg is van ouerskap nie is dit die feit dat jy die reëls kan opmaak, bysit, wegvat, verbuig soos jy gaan. Is dit nie lekker nie? Arme ousus, alle reëls word mos op die oudstes en eerstes uitgetoets en vervolmaak. Wanneer al die ander kids volg het jy al helfte van jou baie reëls skoon vergeet! Nietemin vir my is die belangrikste reëls die ons reëls, reëls wat niks te doene het met moets en moenies nie. Wat jy mag doen of nie doen en wanneer en waar nie!

Dis die nie-geskrewe reëls, dis die harts-reëls!

Ons huis is meer  as net die fisiese adres, ons huis is die mense wat in die huis bly of dit hier of in die Noordpool is.  In  hierdie mense-huis, tussen ons is jy veilig, is jou gevoelens en menswees veilig. Hier tussen jou hartsmense kan jy jou batterye vollaai en net jouself wees. ‘n ‘You do you and I’ll do me’, motto. Continue reading “Ons Reëls.”

Plafon-vasslaan-gebede.

Weet julle wat doen ek vanoggend? Ek kook vleis van die Gemsbok bene af om pasteie te maak, harde werk. Maar weet jy wat is die lekker deeltjie? Die stoompot vat 2 ure om 4 pakkies vleis af te kook so ek sit ‘n spulletjie vleis in, en dan sit en skryf ek so tussen in (met my voorskootjie aan- tog te ge- domesticated) met die stoompot wat sy eie eentonige deuntjie op die stoof sing.

Soms raak die lewe bietjie erg nê, tye wat jy ver van God af voel. Tye wat dit kompleet voel of jou vroeë-wakker-lê gebede teen die plafon vasslaan en jou mooi netjies teen die voorkop tref. Voel jy soms so? Voel jy dalk presies op die oomblik so? So asof daar ‘n onsienbare, onoorkombare muur tussen jou en God ingeskuif het, ongenooid, ongevraag. Continue reading “Plafon-vasslaan-gebede.”

Deel van iets groters.

Die afgelope paar dae, amper weke loop en stoei ek so bietjie met die Liggaam van Christus en hoe dit my raak. Wat beteken dit regtig? En ek moes myself bietjie afvra: Waar pas ek in die liggaam in? Funksioneer ek optimaal? Doen ek wat ek wil of doen ek wat God wil? Is ek die liggaamsdeel waarvoor ek geskape is, of het ek sommer self besluit in my eie-wysheid waar ek beter inpas?

Christus is die hoof van die kerk. (Ef. 5:23) Die hart is een van die belangrikste dele van die liggaam, daar is ook net een hart. Jesus is die hart wat bloed voorsien aan elke liggaamsdeel, kos en lewens noodsaaklike suurstof. Weet jy wat gebeur met ‘n vinger wat met ‘n vleissaag afgesaag word? As die vinger nie baie vinnig na amputasie terug gewerk word nie gaan die vinger dood. Hoekom? Want die bloedtoevoer word onderbreek. In die Liggaam is ons aan mekaar en aan Jesus verbind deur Sy bloed. Sy bloed wat aan die kruis op Golgotha van Sy kop afgedrip het nadat ‘n mensgemaakte doringkroon daarop geforseer is. Continue reading “Deel van iets groters.”