Adolf Hitler en Genade…

Ek is lank met hierdie gedagte uitgedaag van genade en mense wat ek dink nie noodwendig genade verdien nie, en dit het, ek wil amper sê, jare gevat om te verstaan. Ek besef ook net weer en weer, my en jou menslike verstand is heeltemal te klein om genade in sy volheid te verstaan, en nou praat ek spesifiek van God se genade teenoor die mens, teenoor my en jou.

Menslike genade skiet meestal te kort, skiet altyd te kort. Menslike genade lyk meer soos oordeel met ‘n klomp asse wat agterna gegooi word. As jy net bietjie harder probeer… As jy net nog bietjie kan groei… As jy net bietjie minder sondig… bietjie meer gee… my genade en geduld met jou is op… Die mens is nie in staat tot genade in sy Goddelike vorm nie.

Wie is die mees gehaatste mens op aarde dink jy? Ek weet nie hoekom nie, maar ek het sommer aan Adolf Hitler gedink, hy haal beslis nie my lys vir ‘n goeie mens wat genade verdien nie, inteendeel… Continue reading “Adolf Hitler en Genade…”

Een-Oog-Sokkie-Monster.

 

Ek het ‘n probleem in my huis. Sokkies kry voete. Ook nie albei sokkies nie, een bly altyd agter… ‘n konstante herinnering vir my A+++ persoonlikheid dat daar iewers sokkies wegkruip; wie weet waar in my huishouding.

Ek wil ook net byvoeg hierdie een-oog-sokkie-monster is net agter tiener en jong volwassene sokkies aan, en dis beslis nie my kinders se skuld nie, hulle is so onskuldig soos pasgebore babatjies. Die redes hoekom die monster ook net in jonger sokkies belangstel ontwyk my totaal en al… wat ek wel weet; daar is 20 eensame (ek het opgestaan en gaan tel) sokkies bokant my wasmasjien in ‘n houer. ‘n Hoekie vir eensames, maar net vir sokkies… van alle kleure en vorms. Continue reading “Een-Oog-Sokkie-Monster.”

Die Einde van die Wêreld.

Sjoe! Ek moet bieg. Ek het ernstig gewik en geweeg of ek hierdie stukkie moet skryf. Party onderwerpe is hopeloos te sensitief en meestal iewers bo-oor my kop en my verstandelike vermoëns, maar so gebeur dit dat twee mense my in een week kontak, bekommerd oor die einde van die wêreld, of meer akkuraat die Wederkoms.

Een ding weet ek verseker… vandag is ons nader aan die wederkoms as wat ons gister was… en dit klink soos ‘n gevatte opmerking… dit is nie. Dis ‘n sagte herinnering vriendin. Is ek en jy een van die verstandige meisies met oorgenoeg olie in ons lampies? Of gaan ons soos die onverstandige meisies op 99.9 rondskarrel opsoek na olie vir ons lampies om kort daarna voor dooiemansdeur te staan te kom? Continue reading “Die Einde van die Wêreld.”