Tee?

Ek al gesê ek hou van tee, ek dink dalk selfs meer as lekker koffie. As ek MOET kies, kies ek tee. Nie tee met allerhande volksvreemde bestandele soos blomme, kruie en speserye nie. Gewone tee. Joko of amper sê ek Rooi Rose. Ek bedoel 5 Rose. Ek drink so nou en dan rooibostee, maar ek verkies swarttee bo rooibostee.

Ons het ‘n oggend roetine wat tee insluit net na die wekker ons met ‘n skril geluid uit die land van vergetelheid terugskok in die hede in. Sjoe! Hande op! Wie haat ‘n wekker?Haat is sekerlik ‘n té sterk woord, hou minder van dan eerder? Nog geen wysie van enige wekker was al vir my aanvaarbaar nie, ek soek nog!

Iedergeval ek strompel die oggend dikoog kombuis toe… dis die eerste probleem as ek strompel beteken dit my beterhelfte is uitstedig en daar is niemand om tee aan te dra bed toe nie. Die tweede probleem is my oge is nie verniet dik en krapperig nie, want slaap het my ontwyk, wegkruipertjie gespeel die hele nag. So ek is effe iesegrimmig en omgekrap. Ek verlang! Gewoonlik help tee darem so klein bietjie… Continue reading “Tee?”

Die Druppel aan die Emmer.

Ek en jy is afhanklik van God, die teenoorgestelde is egter ver van die waarheid af. God is God. Hy het my en jou nie nodig nie. Nie nodig om Sy werk namens Hom te doen, nie nodig om namens Hom te veg nie. Hy is immers die Aanvoerder van die leërskare.

God claims the world as HIS! Everything and everyone belong to HIM! (Ps. 24:1 TPT)

Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur U wil het alles onstaan en is dit geskep. (Openb. 4:11) Die aarde en alles wat daarop is, behoort aan U! (Ps. 50: 12)

Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie. Inteendeel, dit is Hy wat almal lewe en asem en alles gee… want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons. (Hand. 17: 25, 28) Continue reading “Die Druppel aan die Emmer.”

Selfde God.

Ek is God, daar is geen ander nie;
Ek is God, daar is niemand soos Ek nie. (Jes. 46:9)
Ek is God…

Glo jy dit vriendin, met elke sel en vesel in jou liggaam. Glo jy dit werklik en waaragtig? Glo jy dit nie net in jou hart nie, maar in jou kop, met  siel en verstand? Ek ook, want hoe kan ek en jy dit nie glo nie as God dit oor en oor, weer en weer aan ons kom bewys het?

Oor duisend-miljoene jare het Hy en wie Hy is nog nooit verander nie. Ook tussen die ou en die nuwe testament het God nie verander nie. Hy is wie Hy is. Ek, die Here, het nie verander nie. (Mal. 3:6)

Long before you gave birth to the earth and before the mountains were born, you have been everlasting to everlasting, the one and only true God. (Ps. 90:2 TPT) Die enigste God. My en jou God. Continue reading “Selfde God.”