Sy Helper.

 “A Wife has the unique ability to help her husband feel the freedom to reach his fullest potential as the man God has created him to be.” (Janel Breitenstein)

God sê die volgende oor jou man se helper wees: “It is not good (beneficial) for the man to be alone, I will make him a helper [one who balances him- a counterpart who is] suitable and complementary for him.” (Gen. 2:18 Amplified)

Jy balanseer hom, jy is die deksel vir sy pot… die perfekte pasmaat, die note in sy melodie. Jy voltooi hom, met die huweliksband wat julle tot ‘n vomaakte eenheid saambind.

Oom Angus Buchan sê altyd: Die vrou is die hart van die huis. Sjoe, en ek stem saam, maar wat dan van die man? Die man… hy moet die broek dra… Hy vat die verantwoordelikheid van Man-wees, Pa-wees… Hy dra die broek, maar ook die mantel van Priester, Profeet en Koning. Vriendin, as ek en jy die broek gryp en aantrek omdat ons voel hy doen nie sy werk nie, dan moet jy een ding weet, die mantel van Priester, Profeet en Koning staan nie apart van die broek dra in die huis nie. Continue reading “Sy Helper.”

Vir net 4% ?!?!

Dis weer daardie tyd van die jaar, al die pad afdraend na die einde van die jaar se kant toe. Teen ‘n ongemaklike spoed met alles wat gedoen en afgehandel moet word. Met Eksamen vir menige kind en student wat soos ‘n berg voorlê… vir sommige ouers amper erger as vir die kind self. Ek het die stukkie gaan afstof wat ek 2 jaar terug geskryf het en net weer besef, soms is help nie help nie. Soms is ons begeerte om in beheer te wees van alles en almal nie net ongesond nie, maar ook skadelik.

Ek het albei my girls in graad 4 gehelp leer, gehelp opsom, gevra, weer gevra… maar geleidelik soos die jare aanstap het ek die leisels so stelselmatig laat verslap en uiteindelik laat gaan.

Ek is beslis ‘n helikopter mamma- ons mammas wat hou daarvan om te ‘hover’. Dit klink soos volg: Is jy al klaar geleer? Nee, ek dink nie so nie! Bring jou boek dat ek kan sien! Het jy die werkboek ook deurgegaan? Hoeveel keer het jy alles deur gegaan? Ek dink nie jy het genoeg geleer nie!  Sien jy al die!?!?!?!? Nou as jy jouself in die gesprek kan sien en identifiseer, dan kan jy die self-diagnose maak van ‘n helikopter mamma… ek weet jy weet eintlik baie mooi waarvan ek praat… Continue reading “Vir net 4% ?!?!”

Sonde met die Bure.

Gelukkig het ons geen sonde met die mense-bure nie, maar die geveerde tipe besorg ons hoofbrekens. Meer spesifiek die mossies. Ek hou baie van alle voëltjies, selfs die wat dom-astrant en moedswillig is. En die inwonende mossies is ongelukkig albei. Steeds baie mooi, hulle is regtig vir my mooi voëltjies en ek kan ure na hulle mannewales kyk.

Die hoofbrekens is eintlik manlief sin, so vinnig as wat hulle die nessie bou, so vinnig gaan haal hy hulle af. Sjoe, en jy moet hoor hoe die Mossie-paartjie elke keer skel en skree… ek vermoed daar is ‘n eier op pad wat lê-plek soek. Kan jy dink watse druk daar op die Mossie-man is. Onmenslik!

Nou kan jy seker dink dis aaklig om hulle nessies elke keer te verwoes, die probleem is hulle bou die nessie elke keer in die geut, jip dieselfde ding wat water vervoer as dit reën, of bo-op die opening van die geut. Continue reading “Sonde met die Bure.”