Geen Konneksie, Probeer weer Later…

Kan jy onthou vriendin, toe jy die eerste keer in jou splinternuwe baba se ogies gekyk het, het daar iets groots gebeur, iets heiligs? Dit was so mooi, rein en teer dat jy moes diep inasem om plek te maak vir hierdie té groot gevoel in jou bors. ‘n Liefde so volmaak, oorheersend, beskermend dat geen een woord op aarde dit ooit sou kon beskryf nie.

God het dit toe al bestem dat hierdie band tussen ma en kind groot genoeg is om selfs die storm en drang jare van tienerwees te deurleef en selfs te oorleef. Dis daardie band wat maak dat al hou ons nie altyd so baie van hulle nie, het ons hulle lief met ‘n intensiteit wat moeilik is om te verduidelik.

Ja, daar kom tye wat jy hulle wil skud, veral as hulle oë terugrol in hulle kaste, dat jy lus het om hulle aan die strot te gryp wanneer hulle met daardie ‘whateva’ houdinkie in die gang afslinger, en jy weet dat jy weet hulle enigste doel is om die witwaks uit jou uit te irriteer. Continue reading “Geen Konneksie, Probeer weer Later…”

Wanneer Teleurstelling aan jou deur klop.

Maybe you’ve been assigned this mountain to show others it can be moved. (Mel Robbins)

Vriendin, is teleurstellings nie deel van die lewe nie? Iets wat elke dan en wan sy opwagting maak. Hierdie stukkie gaan nie so seer oor teleurstellings nie, maar dit gaan hoe ons reageer op teleurstellings. Wanneer ons ingesteldheid meer is op wat God wil, is dit soms makliker om teleurstellings die hoof te bied.

Soms gebeur dit dat ons lank oor iets bid, en in ons harte oortuig dit is presies wat God wil. Ons is kinderlik-opgewonde oor die nuwe vooruitsigte, oor die nuwe seisoen. Ons vertrou God… dat Hy agter die skerms vir ons alles ten goede sal meewerk. En dan gebeur dit eenvoudig nie, nie eers ‘n afgewaterde alternatief nie, maar niks. Groot is die teleurstelling dan, want hoe het ek God so misverstaan, het Hy nie gehoor toe ek gevra het nie?

Vriendin en ons almal se teleurstelling het nie dieselfde naam nie, sommige teleurstellings is veel groter as ander, sommiges lewensveranderd. ‘n Verhouding wat misluk, ‘n nuwe werksgeleentheid wat deur die mat val, ‘n Universiteits-aansoek wat nie gaan soos jy beplan het nie… ‘n Kind se rapport wat nie voldoen aan jou vereistes nie. Continue reading “Wanneer Teleurstelling aan jou deur klop.”

Om te Skeinat of nie te Skeinat nie.

Ek kan vir die lewe van my nie onthou dat die kies van vakke enigsins ‘n moeilike ding was jare terug nie. Dit was eintlik maklik. Jy kon kies A of B x4 en dan jou tale. Sommige skole was so klein dat vakkeuses eintlik nie ‘n keuse was nie, dit was ‘n vat wat jy kan kry tipe situasie. Nou raak dit ‘n geweldige storie en kopseer vir menige ouers en hulle baie deurmekaar 15 jariges.

Goeie nuus, enige kindertjie na die eerste ene raak gelukkig progressief makliker… en minder vreesaanjaend. Ongelukkig nie vir die 15 jarige in jou huishouding nie. Die arme goed voel oorweldig, so kompleet asof hierdie ‘n permanente keuse is vir die res van hulle 70 of 80 jaar hier op planeet aarde. Hulle dink hulle moet al die moeilike antwoorde op onmoontlike vrae hê, wat gaan jy word, watter presies graad gaan jy by watter presiese instansie studeer? Hoofbrekens probleme vir die arme bloedjies!!

Ek het ‘n paar goedjies geleer so tussen ousus en kleinsus se vakkeuse krissise. Bietjie meer kennis en wysheid so tussen die lyne opgedoen. Continue reading “Om te Skeinat of nie te Skeinat nie.”