Sewentig maal Sewe.

Ek weet nie wie het wat aan jou gedoen nie. Miskien het jy ‘n hele lys van mense wat jy moet vergewe. Miskien is daar net daai een persoon wat jy nog nie reg is om te vergewe nie.

Vergifnis vir my is iets wat jy vir jouself doen en nie noodwendig vir die ander persoon nie. Onvergewensgesindheid is soos om gif te drink en te hoop die ander persoon gaan dood. Maar wie is besig om dood te gaan van binne? Die weiering om ‘n persoon te vergewe is om jouself in ‘n tronk toe te sluit en boonop die sleutel weg te gooi. Weereens, wie is in die tronk?

Jesus sê: “Nie sewe keer nie, maar sewentig maal sewe keer” (Matt. 18:22) Hoekom moet jy ander die goed vergewe wat hulle jou aangedoen het? Vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. (Ef. 4:32) Ek en jy moet vergewe omdat ons vergewe is. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. (Kol. 3:13) Continue reading “Sewentig maal Sewe.”

Onderstebo-Kop-Kind.

Jy vra-smeek: “Vergewe my my sonde, want dit is groot Here, só groot?”, (Ps. 25:11) maar Ek sê vir jou, My Onderstebo-kop- kind, tel op jou kop, daar is geen mens op aarde wat regverdig is nie, niemand wat goed doen en nie sondig nie! (Pred. 7:20) Ek het jou sonde op My Seun laat afkom, (Jes. 53:6) want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe wat Ek gee is die Ewige lewe. (Rom. 6:23) Ek het jou sondes aan die kruis vas gespyker en dit weggeneem. (Kol. 12:14)

Ek wil vir jou ‘n ander hart gee. Ek gaan die kliphart uit jou liggaam uitskeur en jou ‘n hart van vleis gee. (Eseg. 11:19) Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen jou dat Ek die lewe en die dood aan jou voorhou, die seёn en die straf. Kies die lewe sodat jy kan lewe. (Deut. 30:19) Ek het jou so bitterlik lief dat ek My enigste Seun gegee het, vir jou, sodat jy wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewigheid by My sal deurbring. (Joh. 3:16) Continue reading “Onderstebo-Kop-Kind.”

Stokke en Klippe.

Hier is ‘n lekker eksperiment vir jou wat jou ure, miskien dae kan besig hou! Vat ‘n buisie tandepaste (enige maak sal werk) en druk dit uit. Soos in die hele buisie. Nou vir die interessante deel, probeer nou om die tandepaste terug te kry… Wat bedoel jy, jy kan nie? Sien woorde wat ons uiter is baie so. Die woorde wat jy sê kan nie net teruggevat word nie. Dit kan nie ongedaan, ongesê word nie.

Ek het nog altyd gewonder oor die Engelse spreekwoord: “Sticks and Stones may break my bones, but words can never hurt me.” Ek het tot die slotsom gekom: die persoon wat dit gesê het was seergemaak, afgekraak deur onnodige woorde met skerp kante wat diep tot in die siel sny. Ek het op hierdie anonieme sê-ding afgekom wat soveel meer akkuraat is: “The tongue has no bones but is strong enough to break a heart.” Continue reading “Stokke en Klippe.”