Oor Worriers en Warriors.

Ek en Jannie het al ‘n ou-getroude roetine vir oggende. Hy staan 5:30 op en gaan maak tee want ek kan nie sonder tee in my lyf eers begin dink aan beweeg nie! Dan gaan die gesprek gewoonlik soos volg: Hy vra altyd wat ek gedroom het, my drome is altyd baie entertaining… gits ek droom glad in vervolg verhale. Ek vra nooit vir hom wat hy gedroom het nie, want of hy droom nie, of hy kan nie onthou nie. Who knows? Ek vra altyd of hy wakker gelê het deur die nag en so begin ons dag… so al geselsend.

Vanoggend selfde storie, maar sien ek lê al so vir 2 aande so stukkies wakker, bid-tye wakker. Gisteroggend het dit gevoel God skud my so 4:00 bietjie wakker met ‘n dringende-gevoel en ek bid. Ek bid hard vir ‘n vroutjie wat in Bloemfontein op ‘n ventilator veg vir haar lewe wat ek van geen kant af ken nie. Ek bid vir haar man wat ook Covid het wat kortasem is van siek wees en bekommernis en ek bid vir twee tiener dogters wat hulle sekerlik morsdood bekommer oor hulle ouers en ek worry lekker oor hierdie gesinnetjie wat ek van geen kant af ken nie. Continue reading “Oor Worriers en Warriors.”

Oor Braaf-wees en Dapperheid.

Dankie Kleinsus vir die pragtige skets.

Vir die van julle wat nie weet nie, ek is een van ‘n nie-identiese tweeling. Jip nie ‘gecopy’ en ‘gepaste’ nie, maar twee individue wat heel toevallig ‘n uterus huisie gedeel het vir 9 maande.

Sjoe, daar is soveel voordele verbonde aan twee vir die prys van een! Dis soos om saam met jou beste vriendin gebore te word en dan so saam-saam deur die op en af’s van die lewe te loop. Dis heel handig om ‘n permanente vertroueling, vriendin, ‘n loop-jy-maar-voor maatjie te hê! Continue reading “Oor Braaf-wees en Dapperheid.”

‘n ‘Cool’ Vriendin.

As ek R5 gekry het vir elke keer wat ek die volgende frase gebruik: ek is jou mamma, nie jou maatjie nie, dan sou ek skatryk gewees het. En jy? Hier is die ding, jy kan nie jou tienerdogter se beste vriendin en mamma wees nie, soos baie dinge gaan een rol daaronder ly, en ek kan jou amper ‘n brief gee oor watter rol dit gaan wees.

Daar moet duidelike lyne en rolverdelings wees. Hoeveel respek dink jy is daar in tiener verhoudings tussen maats? Ek het ‘n ding oor respek, dis vir my die basis van enige verhouding, dis eintlik die gom van menswees. Jy kan enige iets sê en doen op ‘n respekvolle manier. Tot raas ook! Continue reading “‘n ‘Cool’ Vriendin.”