Nou wie eet nou ook ‘n olifant… sies man. Ja nee ek stem saam! Dis ‘n retoriese vraag. Ek het vir ousus gevra hoe mens ‘n olifant eet en sy het my aangekyk asof ek al my varke verloor het, die kluts skoon kwyt is… toe antwoord sy ewe versigtig… “met moeite en selfvertroue?” Nee, dis nie die antwoord nie sussie, jy eet ‘n olifant happie vir happie…
Kan ek die olifant ‘n naam gee? Oorweldig. Dit is nie die beste beskrywende Afrikaanse woord nie, maar nietemin. Dis die gevoel van weet nie of ek moet vat of los nie. Weet nie of ek kom of gaan nie. Wat moet ek eerste en wat kan bietjie wag. Bietjie vorentoe, bietjie agtertoe, maar niks word eintlik gedoen nie. Die gevoel tref ons almal een of ander tyd vol in die gesig, soms kuier oorweldig lank soms is dit net ‘n vinnige inloer.
Ons as mammas, vrouens het soveel balle om in die lug op te hou en te balanseer, en glo nou maar vir my dis ‘n balanseer toertjie van formaat… en dan so nou en dan t.s.v die Olifant in die kamer, gooi ons nog ‘n bal in die lug op… gits so asof daar nie reeds genoeg balle in die lug is nie. Continue reading “Hoe Eet jy ‘n Olifant?”

Jy weet kinders sal mens nooit ooit ten volle kan verstaan nie, een dag wil jy hulle plat veeg met die aarde om net die volgende oomblik te dink jy kan hulle sommer opeet so oulik is hulle. Nie te lank terug sê ek so in die verby loop vir my twee girls dat ek vandag die kombuis gaan uitpak, skoonmaak en regruk. Is iemand lus om my te help? Nie verpligte oefening nie, maar ek sal dit darem so waardeer! Ousus stem dadelik in want sy hou van regpak en organiseer. (En sy voel altyd woes sleg om my alleen te laat werk) Kleinsus was nou nie oordrewe opgewonde oor die vooruitsig nie, maar stem toe maar in, jy weet groepsdruk en al.
As ‘n dogtertjie van 12 jaar oud, was ek klaar broeis, regtig! Ek wou opsluit my eie babatjie hê, gits op daardie stadium het ek nie eers geweet ‘it takes two to tango’ nie. Dit was my hartsbegeerte… dit het gehelp dat my ma ‘n dagsorg by die huis bedryf het, man ek het lekker pop gespeel! Ek is so bly God het nie my gebed beantwoord om op 12 al ‘n mamma te wees nie.