Krummeltjie Geloof.

Mens lees soms ‘n verhaaltjie so oor en oor dat jy later skoon glad nie meer weet presies wat jy lees nie. Een so verhaaltjie is die een van die Kanaänitiese vrou in Matteus 15 wat by Jesus pleit om haar dogter gesond te maak. Onlangs lees ek weer die verhaaltjie en dit gryp my aan die hart. Miskien omdat ek ‘n ma van dogters is en ‘n stukkie van hierdie mamma se paniek kan aanvoel.

Hierdie Kanaänitiese vrou is ‘n heiden en boonop onrein. Sy het geen besigheid om met enige Joodse man te praat nie, wat nog te sê met Jesus, om die waarheid te sê dis sommer eintlik gewaagd. Moeilikheid soek. Continue reading “Krummeltjie Geloof.”

Die Appel van Sy Oog.

As iemand vinnig vir jou moet vra: wie is jou gunsteling kind? Gits moet nou net nie hardop uitskree as jou kids naby is nie. Hier is beslis ‘n regte en ‘n verkeerde antwoord. Ek hoop die antwoord is dat jy ewe lief is vir al 2 tot 5 kindertjies wat God aan jou toevertrou het. Onomwonde wil ek vanoggend vir jou sê: Jy my liewe vriendin in Jesus is die appel van God se oog. Wie ek, vra jy? Ja jy! En as dit nie vir jou so voel nie, voel ‘n bietjie oor. Want dit is nie ek wat so sê nie, maar God self.

Wat is jy anders my liewe vriendin as sy eie kind. (1 Joh. 3:1) God het nie gunstelinge nie, en daarom as ek sê jy is die appel van Sy oog dan kan jy my met die grootste liefde maar net glo. Hy beskerm jou soos die appel van Sy oog, Hy steek jou weg in die skaduwee van Sy vleuels. (Ps. 17:8) Continue reading “Die Appel van Sy Oog.”

Plekkie in die Son.

Ons was vroeër vanjaar in die Kgalagadi Transfrontier Park vir ‘n paar dae. Ons gesinnetjie van vier het eintlik heel uiteenlopende belangstellings en  is half dieselfde, maar ook heel verskillend. So hou ek die spulletjie dop en besef eintlik ‘n baie belangrike ding. Ons almal kyk vir presies dieselfde goed maar vanuit elkeen se unieke oogpunt lyk die Park en die wêreld om ons heel anders.

Kleinsus is die grond-kyker, sy kyk letterlik (meestal) in ‘n radius van 2m om die bakkie. Met die gevolg sy sien al die muise, grond eekhorings en meerkatte raak. Goeie, skerp ogies, haar naam beteken nie verniet fyn waarnemer van die lewe nie. Ousus sit met die verkyker, sy is die roofdier-spotter wat op die kliprandjies soek vir leeus, luiperds en jagluiperds. Ons was baie gelukkig en het sommer al drie gesien. Continue reading “Plekkie in die Son.”