Deel van iets groters.

Die afgelope paar dae, amper weke loop en stoei ek so bietjie met die Liggaam van Christus en hoe dit my raak. Wat beteken dit regtig? En ek moes myself bietjie afvra: Waar pas ek in die liggaam in? Funksioneer ek optimaal? Doen ek wat ek wil of doen ek wat God wil? Is ek die liggaamsdeel waarvoor ek geskape is, of het ek sommer self besluit in my eie-wysheid waar ek beter inpas?

Christus is die hoof van die kerk. (Ef. 5:23) Die hart is een van die belangrikste dele van die liggaam, daar is ook net een hart. Jesus is die hart wat bloed voorsien aan elke liggaamsdeel, kos en lewens noodsaaklike suurstof. Weet jy wat gebeur met ‘n vinger wat met ‘n vleissaag afgesaag word? As die vinger nie baie vinnig na amputasie terug gewerk word nie gaan die vinger dood. Hoekom? Want die bloedtoevoer word onderbreek. In die Liggaam is ons aan mekaar en aan Jesus verbind deur Sy bloed. Sy bloed wat aan die kruis op Golgotha van Sy kop afgedrip het nadat ‘n mensgemaakte doringkroon daarop geforseer is. Continue reading “Deel van iets groters.”

Ek is Vrou.

Sjoe, ek wou eers sê ‘n paar jaar terug toe ek in Matriek was, toe besef ek, ek moet eerder sê twee dekades plus terug. Nietemin ek het ‘n vriend gehad wat eendag vir my gesê het ek is emosioneel onstabiel. Kan jy dit glo! Ek? Emosioneel onstabiel? Mensig, ek was de vieste in vir hom! Die waarheid, en die besef kom natuurlik met wysheid en baie water wat in die see geloop het; ja, ek is bietjie, soms, emosioneel onstabiel, en weet jy hoekom? WANT EK IS VROU.

So ja, ek kan in een dag deurmekaar, bly, hartseer, vol vrede, bang, vreugdevol, angstig, hoopvol, hopeloos, rustig, paniekerig, omgeêllie voel. Die eerlike waarheid; meeste van die tyd weet ek nie wat ek voel en hoekom ek so voel nie. Soms is dit nodig om die baie emosies wat ons voel naam te gee, te herken en te erken en nie skaam te wees daaroor nie, want ek en jy is vrou. Continue reading “Ek is Vrou.”

Die Appel val nie ver van die boom nie.

Wat maak ‘n appelboom ‘n appelboom? As daar appels aan die boom hang dan is dit sekerlik ‘n appelboom? So mens kan dan seker tereg sê: die boom word geken aan die vrugte wat hy dra. Net so word ek en jy ook geken aan die vrug wat ons dra. Hoe lyk die vrug wat jy dra my liewe vriendin in Jesus? Kyk mense na jou en sê: Jip defnitief, beslis ‘n dogter van die Koning? Bewys die vrug wat jy dra dat jy bekeer is? (Matt. 3:8)

Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. (Gal. 5:22) Ek het vir jare gepraat en gelees van die vrugte van die Gees, maar sien jy dis vrug van die Gees. Enkelvoud. Ek het baie gewonder daaroor, weet jy hoekom dit so is? Dis vrug is liefde en die deeltjies of die vrug van die Gees bly deel van een vrug, net so is elke vrug van die Gees deel van die eenheid. Jy kan ongelukkig nie ‘pick en choose’ watter vrug van die Gees jy lus het om na te kom nie. Dis nie ‘n tick boksie en jy kies watter een vir jou die beste werk, die beste by jou persoonlikheid pas nie. Dis ‘n alles of niks tipe situasie. Continue reading “Die Appel val nie ver van die boom nie.”