Donderdae oggende is my jaag oggende. Nee ek weet nou nie presies hoekom nie, maar dit voel meestal soos ‘n: op-jou-merke-gereed-gaan, dag. So is daar nie tyd vir wonder wat om aan te trek nie, mits ek die girls met ‘n nat kop en sonder grimering (wat jy nooit sal sien nie!) wil gaan aflaai nie.
So ek gryp toe vanoggend eerste die Wees stil tekkies- want ek maak mos hoeka reg vir ‘n gehollery! Ek het die tekkies by ‘n vriendin gekoop en laat druk, om my deurentyd te herinner dat ek moet leer om stil te wees en te vertrou. Dat waar my voete gaan, met of sonder die Wees stil tekkies aan, daar is God. Langs my. In my. Om my. Agter my. Bo my. Onder my… oral…En net daar in die besig, gryp-en-gaan oomblik praat God met my. Continue reading “Die Fluistering in die Windstilte.”

Nou wie eet nou ook ‘n olifant… sies man. Ja nee ek stem saam! Dis ‘n retoriese vraag. Ek het vir ousus gevra hoe mens ‘n olifant eet en sy het my aangekyk asof ek al my varke verloor het, die kluts skoon kwyt is… toe antwoord sy ewe versigtig… “met moeite en selfvertroue?” Nee, dis nie die antwoord nie sussie, jy eet ‘n olifant happie vir happie…
Jy weet kinders sal mens nooit ooit ten volle kan verstaan nie, een dag wil jy hulle plat veeg met die aarde om net die volgende oomblik te dink jy kan hulle sommer opeet so oulik is hulle. Nie te lank terug sê ek so in die verby loop vir my twee girls dat ek vandag die kombuis gaan uitpak, skoonmaak en regruk. Is iemand lus om my te help? Nie verpligte oefening nie, maar ek sal dit darem so waardeer! Ousus stem dadelik in want sy hou van regpak en organiseer. (En sy voel altyd woes sleg om my alleen te laat werk) Kleinsus was nou nie oordrewe opgewonde oor die vooruitsig nie, maar stem toe maar in, jy weet groepsdruk en al.