Liewe Bekommerde Mamma,

Ag my liewe vriendin, is dit nie so dat ons maar altyd oor ons kindertjies bekommerd is nie? So baie van ons is op ‘n ongemaklike groeifase van kinders grootmaak. Ek ken so baie Mammas wat hierdie jaar kids het wat klaar is met skool wat die grootmens/studente lewe met mag en krag aanpak. Of daar is kids wat nog by die huis sit ‘n jaar of drie na skool wat nie lekker kan rigting kry nie. Ander is weer naby klaar geswot… en wat nou verder. Waar gaan hulle werk, waar gaan hulle woon. Baie Mammas navigeer die onbekende pad van: nie-weet-nie. En die nie-weet-nie sit nie altyd so lekker hier in die binneste nie.

My girls is die jaar begin en einde van Hoërskool, soms is dit ongemaklik. Ek probeer om nie te veel daaroor te tob en te wonder nie. Ek gaan hierdie jaar net vat soos hy kom, doen wat ek kan, my beste… niks meer nie en niks minder nie. Net een dag op ‘n slag. Nie te veel in die toekoms lewe nie, ek is altyd so bang as mens die heeltyd met die wat asse en die sê nou maars stoei dat jy die hier en nou skoon mis leef. Dat jy die laaste kosbare tye saam met jou kinders laat verby waai. Continue reading “Liewe Bekommerde Mamma,”

Loop Lig, Trap Versigtig.

Foto Krediet: Joe-Marie Botha

Ek moes verlede jaar vir kleinsus help om ‘n ATKV redenaars stukkie te skryf oor voetspore, nou kyk, soveel soos wat ek hou van skryf is dit nou een ding wat ek nie van hou nie, en ook nie baie goed in is nie. Ek dink dit het iets te doen met die feit dat ek namens kleinsus moet redeneer en iemand oortuig van ‘n punt waarin ek miskien self nie so ernstig oor voel nie. Wat en hoe redeneer mens nou ook oor voetspore vra ek vir jou met trane in my oë? So, die eindproduk lyk toe meer soos ‘n blog inskrywing as ‘n oortuigende wen-argument. In my wese vermy ek argumente en redenasies soos die pes, seker die dat ek so min van die hele redenaars besigheid hou. Ek moet erken, dit was toe darem nie so sleg om die redenaars te skryf nie, ek het ten minste darem ook ietsie geleer.

Ek en jy vat min tot geen tyd om soms bietjie terug te draai, en met nabetraging te kyk na die voetspore wat ons laat oor ander se harte. Soms probeer ons die resies van die lewe net voltooi en vergeet soms van die voetspore wat ons agterlaat. Hoe lyk die voetspore wat ek en jy agterlaat?  Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg. (1 Kor. 11:1) Volg ek en jy in Jesus se voetspore, is ons voetspore genadige, liefdevolle spore, of is dit ‘n bloederige, modderige besigheid wat geen gyselaars neem nie? Continue reading “Loop Lig, Trap Versigtig.”

Krag=Sil Wees+Vertroue

Ja nee, ons is terug op die stil wees onderwerp. My blog se naam is nie verniet Wees Stil nie. Ek begin dink dis my bestaans-tema. Ek is besig met ‘n her-eksamen, alweer. Maar dis ‘n goeie her-eksamen.

In die alledaagse gejaagdheid is dit vir ons of altans vir my moeilik om stil te raak en stil te bly, wat nog te sê van stil te wees! Ek praat nie van gewone stil wees nie, ek praat van regtig stil, tjoepstil. ‘n Stil wat in jou kop begin en nesskop in jou gees en siel en deursyfer tot in jou hart. ‘n Moeilike stil, ‘n soms ongemaklike stil. ‘n By-die-voete-van-ons-Vader stil. ‘n Stil-tevrede hart en gees.

Soms met die altyd-besig van huis-huis speel en tieners in een stuk te probeer groot kry, en die beste huweliksmaat wees wat jy kan wees, sukkel die stil wees opdrag maar partykeer. Soos die tyd aanstap en die uurglas leegloop droog die stilte soms op en bly soms sommer net weg.

Julle krag lê in stil wees en vertroue hê. (Jes. 30:15) Lyk so bietjie soos ‘n som of ‘n moeilike skeinat vergelyking: Krag=stil wees+vertroue. Die Boodskap sê: “Julle krag lê daarin dat julle stil op My vertrou.” Amplified: “In returning to Me and rest you shall be saved, in quietness and confident trust is your strength”

So gaan dit regtig oor stilte, die totale afwesigheid van klank? Of gaan dit oor Wie God is en Sy groot mag? Gaan dit om in stilte en verwondering oopbek voor die troon van God te staan oor wie Hy is, oor Sy Grootheid, Sy Lieflikheid, Sy Almag…

Daar is ‘n fyn balans tussen stil wees, krag en vertroue. Hoe minder die stil wees in verwondering hoe minder die krag en iewers dan bly vertroue ook so bietjie in die slag.

Soms in die middel van die lewensstorms, wanneer jou bootjie omval en jy byna-byna wil verdrink en jy met trane na Vader draai en sê: “My vertroue is min, my stilte is gesteel en my krag is so te sê op…” Dan is dit wanneer Vader God jou saggies in Sy omhelsing intrek en fluister: “Dis okay liefste kind, hier is Ek. Wanneer jou krag op is en jy swak en moeg daarna uitsien is My genade vir jou genoeg, oorgenoeg, My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” (2 Kor. 12:9)

Maar luister Hy los jou nie net sonder krag en moed en spoed nie. Nee! Hy is die God wat omgee, wat help, ondersteun, liefhet… Die God wat antwoord…

Hier is die plan geliefde naby aan My hart. “Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Ek is die EWIGE God, Skepper van die hele aarde. Ek word nie moeg nie, Ek raak nie afgemat nie. Ek is… ‘n ONUITPUTBARE bron van krag. Ek gee jou wat vermoeid is krag en versterk jou wat nie meer kan nie. Maar jy wat op My vertrou kry NUWE KRAG!! (Jes. 40:28-31)

Nuwe asemrowende Goddelike krag wat jou hart en gees oorspoel met vrede en in stille-verwondering laat stilstaan voor die Koning van die heelal. Wie ander as die Here is my en jou krag en beskerming? (Eks. 15:2)

Liewe vriendin in Jesus, is jou kragboksie vol van niks? Wanneer jou kragmetertjie nul slaan en hardkoppig onder vassteek dan onthou jy nou weer ‘n bietjie die versie in Spreuke 3:5: Vertrou VOLKOME op die Here, want regtig wat is ook die alternatief? Op wie kan ek en jy anders staatmaak en vertrou as maar net HY nie? Na wie anders gaan ons draai en smeek vir genade en krag. Waar gaan ons volkome stilte en vrede beleef as naby Sy hart?

Die Heilige Gees van God woon in my en jou en hoe geweldig groot is Sy krag wat Hy uitoefen in ons wat glo. (Ef. 1:20) Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel! (Jer. 17:7) Dit gaan met jou goed liefste vriendin, want Hy het jou veilig in die holte van Sy hand. Die Here ons God is my en jou krag. Hy gee nie net aan ons splinternuwe krag nie, HY IS ONS KRAG. (Jes. 12:2) Vertrou en wag op die Here! (Ps. 27:14)

Jesus se uitnodiging vandag aan jou my liewe vriendin: “Kom jy alleen saam na ‘n stil plek… en rus ‘n bietjie… (Mark. 6:31)

“Rest is a destination, a location, a gift, a practice, a condition, a state of being, an identity, an act of faith, a way of life, a relationship with Christ, and Jesus himself.” -John Koessler