Gelukkege Welentaams dag!

Is dit nie dierbaar nie? Kleinsus was 8 jaar oud toe sy vir my ‘n kaartjie gemaak het van haar Pappa af wat gesê het:

Liewe Martha
Gelukkege Welentaams dag.
Van: Jannie

En natuurlik het hy ook ‘n kaartjie gekry. Hoekom? Want ek en manlief is nie die grootste aanhangers van hierdie liefdes-dag nie. Dit voel soos ‘n uitgebuitery en oor-gekommersialiseerde besigheid… ons is darem aanhangers van die liefde self! Elk geval het jy al probeer uiteet op hierdie spesifieke dag? Ag nee wat, liefde, geduld en vrede vlieg by die venster uit die oomblik wat jy die rye voor die deure sien staan. Nee, wat vriendin. Kom ons vier elke dag die liefde net sommer om vir mekaar lief te wees, om te gee vir jou medemens en altyd te onthou dat GOD liefde is. Continue reading “Gelukkege Welentaams dag!”

Grense en Groete.

God calls us to obey Him. God does not call us to obey every wish and whim of other people. God calls us to love other people. God does not call us to demand that they love us back and meet every need we have. (Lysa Terkeurst)

Ek het onlangs ‘n wonderlike boek gelees van Lysa Terkeurst, en dis ‘n absolute MOET lees. Die boek se naam is Good Boundaries and Goodbyes. Vandag se blog is nou nie ‘n opsomming van die boek nie, so jy sal dit maar moet gaan lees.

Lysa skryf uit ‘n plek van diep pyn, persoonlike verlies… en al die lessies wat sy langs die seer-pad geleer het. Die eerste gedagte wat vir my uitgestaan het in hierdie boek, is dat grense Bybels is, en ek dink nie ek het al ooit so daaraan gedink nie, want ons leer: jy moet jou naaste lief hê soos jouself, ons leer ook in 1 Korintiërs 13 presies hoe hierdie liefde moet lyk! Verhoudings wat werk het grense met gevolge! Continue reading “Grense en Groete.”

In die Woestyn.

Ek weet die volgende van ‘n woestyn: dis warm, sanderig en ongemaklik. Ek raak sommer dors as ek net aan ‘n woestyn dink, maar dis ook mooi, Namibië met sy eindelose duine, Sossusvlei met sy dooie-boom woud wat getuig van uithouvermoë en genade onbeskryflik groot. Daar is min woorde wat die mooiheid van die niksheid kan beskryf.

Soms, wanneer ons ons oë uitvee bevind ons onsself pens en pootjies in die spreekwoordelike woestyn, of ek en jy bevind ons op die rand van die woestyn, en daar is geen keuse nie, dis deur die woestyn, geen kortpad, ompad nie. Die beste wat ons voor kan hoop is lafenis in ‘n onverwagse oase in die woestyn.

Een ding weet ek verseker van ‘n woestyn belewenis, dis wanneer my ore en oë die oopste is, wanneer ek My Verlosser die duidelikste hoor en sien. Vraag? Gaan jy die God van die hemel en die aarde toelaat om jou te versorg in die woestyn? Hom toelaat om jou hart te genees, jou geseslskap te hou in jou woestyn? God se natuur is voorsiening… Ek het jou in die woestyn gevind, opgeraap, omhels en vertroetel. Ek sal jou versorg, want jy is die appel van My oog. (Deut. 32:10) Continue reading “In die Woestyn.”