Die dag toe ek ampertjies die bus gemis het…

Net na skool is ek fort KOVSIES toe met ‘n plan. Ek sou 4 jaar leer, my graad verwerf en terug gaan huis toe. Eenvoudig. Wat kan nou moontlik fout gaan met so eenvoudige plan? Behalwe as God se plan vir my lewe effe anders daarna uitsien…

Varsity was nie so opwindend en lekker soos ek gedink het dit gaan wees nie! Ek was huis siek. Het na my ma en my tweeling sussie verlang. Dag en nag. So tussen die verlang stuur God vir my ‘n Ridder op ‘n witperd… en ampertjies herken ek hom glad nie en dit nadat ek nogals so ewe plegtig vir hom gebid het en my bestelling na Bo geplaas het. Continue reading “Die dag toe ek ampertjies die bus gemis het…”

Veg op jou Knieknoppe.

For tremendous power is released through the passionate, heartfelt prayer of a godly believer. (James 5:16 TPT) At each and every sunrise you will hear my voice as I prepare my sacrifice of prayer to you. Every morning I lay out the pieces of my life on the altar and wait for your fire to fall upon my heart. (Ps. 5:3 TPT) Out of my deep anguish and pain I prayed, and God, you helped me as a father. You came to my rescue and broke open the way into a beautiful and broad place. (Ps. 118:5 TPT)

Vriendin, het jy al gehoor? En gits ek myself is skuldig! Wanneer dinge nie lekker gaan nie, wanneer die mat onder ons voete uitgepluk word en ons op die naat van ons rug val, wanneer die lewe ons so hard klap dat ons nie eens weet of ons kom en of ons gaan nie… dan sê ons so mooi en vroom en ons skud ons koppies meewarig en sê: “Al wat nou oorbly is om te bid…” Is jy ook skuldig? Continue reading “Veg op jou Knieknoppe.”

Oor Jou Eie Potjie Krap.

Die ander dag, ook al ‘n rukkie terug, ry ons as gesin iewers heen. Ek kan nie onthou waaroor die gesprek gegaan het nie, maar Ousus sê hier van agter af baie driftig eintlik, sy kan nie wag om uit die huis uit te gaan nie. Dit gaan so lekker wees. Die probleem is met ‘n ma se hart ons luister, hoor en interpreteer absoluut met ons harte. Dis al wat ons hoor, en ek vererg myself so klein bietjie, ek is nie ‘n ou wat vinnig op my perdjie spring nie, maar ek voel so bietjie te na gekom.

Gelukkig is daar mos balans in enige situasie, Pappa is gewoonlik die balans want hy is die een wat analities dink, meer met sy brein en minder met sy emosies. So sê hy, ons is bitter bly dat jy uitsien om jou eie ding te doen, om jou eie pot te krap. Dit het my so bietjie laat dink, want is dit nie die waarheid nie, maak ons hulle nie juis groot om onafhanklik te funksioneer, om op hul eie voete te kan staan nie? Verantwoordelike jong volwassenes wat hul eie keuses kan maak? Continue reading “Oor Jou Eie Potjie Krap.”