Ek kry partykeer so lag by my selwers as ek in Pick ‘n Pay instap… (ja ek is ‘n Pick ‘n Pay meisie, ‘n gewoontedier soos min, en ek gaan glad nie met enige iemand argumenteer oor Woolworths of Checkers nie- elke diertjie het mos maar sy giertjie) Ek kry lag want ek herken die mammas wat by die huis bly van ‘n afstand af. Die Tuisteskeppers, Uitvoerende Huislike Beamptes noem hulle wat jy wil net asb nie huisvrou nie want dit klink dan kompleet asof ons heeldag voor die TV sit en niks doen nie.
As jy wil weet hoe jy weet, ons dra die gemaklike klere. Kortbroeke, jeans, hempies en tekkies of plakkies. Gemaklike klere waarin ons kan huisskoonmaak en hardloop agter al ons huismensies aan. Continue reading “My Mamma Uniform.”

Daar is ‘n versie wat sê jy moenie jou kinders moedeloos maak nie, ek dink die versie is seker vir my geskryf of dan ten minste vir my bedoel. En vaders, (en defnitief ek ook) moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie. (Ef. 6:4)
Hulle sê dis die klein Jakkalsies wat die wingerd verniel en nou praat ek spesifiek van huwelike, nê? So, in dieselfde asem, as dit die klein goedjies is wat ons huwelik verniel is dit nie ook die klein goedjies, die klein gebare en probeer wat ons huwelike aanmekaar kan hou nie?