Die Dierbare, Klein Jakkalsies.

Hulle sê dis die klein Jakkalsies wat die wingerd verniel en nou praat ek spesifiek van huwelike, nê? So, in dieselfde asem, as dit die klein goedjies is wat ons huwelik verniel is dit nie ook die klein goedjies, die klein gebare en probeer wat ons huwelike aanmekaar kan hou nie?

Ek wil vanoggend voor ek enigsins iets verder sê of skryf net ‘n klein ‘disclaimertjie’ ingooi wat huwelike aanbetref. Ek is op geen manier ‘n spesialis op die gebied van huwelike nie, eintlik ver daarvan. Ek skryf maar wat ek sien en beleef in my eie huwelik, en huwelike om my. Die ander dingetjie wat ek noodgedwonge moet en wil sê, en gaan sê is… as jy my liewe vriendin met iemand getroud is, wat jou die een dag opbou net om jou die volgende dag tot in die grond te verneder, as jou man aan jou stamp en klap is dit nie normaal of reg nie, dan is die stukkies wat ek oor huwelik skryf nooit op jou van toepassing nie. Continue reading “Die Dierbare, Klein Jakkalsies.”

Genade vir ‘n Ma.

Kom ek skinder bietjie van jou ma, nee miskien ken ek haar nie persoonlik nie, maar luister alle mammas is maar dieselfde aanmekaar gesit. So min of meer. Jou ma was ook eens op ‘n tyd ‘n tiener… jip, kan jy dit in jou lewe oorvertel! Ons as mammas ly net soms so bietjie aan geheueverlies, ons vergeet so met tyd hoe moeilik dit was om tiener te wees, hoe ons soms deurmekaar gevoel het, soms hartseer, soms kwaad, baie alleen met ‘n gevoel dat niemand ons regtig verstaan nie. Voel jy soms so bietjie so sussie?

Ek wil jou nog ‘n geheim vertel van jou ma wat so gedurig op jou ‘case’ is, jy is haar hart wat buitekant rondloop. Regtig! Eers het sy jou onder haar hart rond gedra vir nege lange maande, toe moet sy gewoond raak aan jou buite haar en nie binne haar, maar haar hart was nooit weer dieselfde nie. ‘n Groot deel van haar hart het jy saam met jou geneem toe jy uitklim, ‘n deeltjie is altyd bekommerd oor jou… al is jy die soetste kind wat jyself ken. ‘n Deeltjie van haar hart behoort vir altyd net aan jou. Continue reading “Genade vir ‘n Ma.”

Dinge van die Hart.

Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike. (1 Sam. 16:9)

Hoe lyk die kondisie van my en jou hart liewe vriendin? Soos ons na die fisieke hart omsien is dit ook nodig om na ons geestelike harte om te sien. Dis so belangrik om te weet wat in ons harte hoort, en wat ons nooit ooit daar moet toelaat nie. Jou hart is deur God geskape om lief te hê, sodat Sy vrede ‘n permanente rusplek daar kan kry, sodat jy hier op aarde al ‘n stukkie van die hemel kan leef en beleef.

Ek hou daarvan om verse in my hart te bewaar, want wanneer my hart nie lekker voel nie gebruik Vader juis die gebergde Woorde om my te vertroos, in lyn te trek en regop staan te maak. Die Woord van God kom nooit leeg terug nie. Continue reading “Dinge van die Hart.”