
En voor ek my oë kon uitvee het die uitstapdag van die matrieks gekom en gegaan. So ook die 12 jaar van skool, van baba liefielyf, kleuter-geite, tween-buie, tiener-dinge, net so in ‘n oogwink staan ons eersgeborene, voor ‘n nuwe deur, met die deur agter haar wat wil-wil toeslaan… ‘n deur wat geen huiwering toelaat nie, ‘n finale deur. Maar sjoe die deur voor haar is woes opwindend… sy sien uit, ons sien uit vir hierdie nuwe seisoen in ons, maar veral haar lewe.
Die laaste dag van skool neem ek my vroeg-vroeg voor dat ek nie ‘n tjankbalie gaan wees nie, ek gaan nie dáái ma wees nie, ek gaan vir my gedra en my emosies net ‘n bietjie dieper in my hartkamers indruk, vasdruk. Vir later prosessering wanneer ek die die tyd, die lus en die krag het. Continue reading “Uitstapdae, Vertroue en Genade Onbeskryflik Groot.”

Ek lees weer die anderdag die storietjie van die verlore seun, en dis asof ek vir die eerste keer besef, daar is eintlik drie hoof karakters in hierdie gelykenis. Drie mense se lief en leed wat gedeel word.
Ek gaan laai die anderdag die girls af, maar kleinsus is laterig. Hulle is darem betyds, maar op pad huis toe sit ek so bietjie vas in die hoofstraat van Durbanville nogals reg langs die baie ou begraafplaas, staan ek eintlik botstil.