Ek gaan laai die anderdag die girls af, maar kleinsus is laterig. Hulle is darem betyds, maar op pad huis toe sit ek so bietjie vas in die hoofstraat van Durbanville nogals reg langs die baie ou begraafplaas, staan ek eintlik botstil.
Ek dink ek moet net eers sê ek kyk geen flieks wat zombies of enige iets gruweloosliks bevat nie. Ek hou nie daarvan, ek kyk dit glad nie, met dit nou in gedagte sit ek nou lekker vas langs die begraafplaas, ek is nie bang nie, maar op daai oomblik begin speel Lauren Diagle se liedjie. ‘Dry bones come Alive’ en my eerste gedagte is: “Here asb net nie nou nie!” Ek moes lag vir myself en my gedagtes… ha ha dit sou ‘n gruwel fliek van formaat gewees het… Continue reading “Droë bene leef!”

Die afgelope twee of wat dae kom die Fillipense 4:13 versie die heeltyd by my op. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. Dis interessant hoe ‘n versie so kan vassteek in ‘n mens se kop en hart. So al asof jy iewers die versie in die nabye toekoms kan nodig kry. Vanoggend stap ek in die eetkamer in reg om die gordyne oop te maak. Ek wil net sê dis eintlik manlief se werk, die gordyn oop trekkery, maar nou is dit so donker soggens dat ek nie wil hê hy moet die gordyne ooptrek nie, want dit voel mos asof mense vir jou kan loer (dis nou loer oor ‘n ses voet muur).
Eerstens wil ek net sê ek het ‘n probleem. My brein is geneig om my met tye te pootjie en my hart het die gewoonte om my te bedrieg. Sjoe vriendin, kan ek net sê, hierdie blog het my amper ondergekry. Dit was ‘n gesukkel soos min. Ek het later my hande moedeloos opgegooi en gesê: “Here, help tog ‘n bietjie, ek laaik nie van so sukkel nie!” Ek het ‘n een woord antwoord gekry: Inhoudsopgawe. So vriendin, die blog het ‘n: Inhoudsopgawe.