Selfde God.

Ek is God, daar is geen ander nie;
Ek is God, daar is niemand soos Ek nie. (Jes. 46:9)
Ek is God…

Glo jy dit vriendin, met elke sel en vesel in jou liggaam. Glo jy dit werklik en waaragtig? Glo jy dit nie net in jou hart nie, maar in jou kop, met  siel en verstand? Ek ook, want hoe kan ek en jy dit nie glo nie as God dit oor en oor, weer en weer aan ons kom bewys het?

Oor duisend-miljoene jare het Hy en wie Hy is nog nooit verander nie. Ook tussen die ou en die nuwe testament het God nie verander nie. Hy is wie Hy is. Ek, die Here, het nie verander nie. (Mal. 3:6)

Long before you gave birth to the earth and before the mountains were born, you have been everlasting to everlasting, the one and only true God. (Ps. 90:2 TPT) Die enigste God. My en jou God. Continue reading “Selfde God.”

Soms Voel Ek soos ‘n Boetebessie.

Ja, is dit nie net die mooiste afrikaanse woord nie? As jy wonder, dis ‘n vroulike verkeersbeampte, beslis beter as die woord spietkop. Het jy al ‘n boetebessie in aksie gesien tydens ‘n kragonderbreking met ‘n te-veel fase robot. Sy moet kophou soos ‘n dronk weerluis. Dis ‘n diepe konsentrasie besigheid. Sy kan nie aan alllerhande dinge staan en dink nie. Sy moet konsentreer en doplet (dis nou dophou en oplet). Die oomblik as sy misbeduie of net vir ‘n oomblik aan ander dinge dink, dan kom daar groot ongelukke.

Nou vriendin, soms voel ek so bietjie soos ‘n boetebessie. Met al die baie emosies wat mammas en vrouens elke dag moet hanteer, en meermale in die regte rigting stuur. Jy probeer ook jou bes om die verkeer in die huishouding te bestuur, jy probeer jou bes om ongelukke te vermy en te voorkom, maar soms met twee meisiekinders in die huis wat party dae net uit hormone en emosies bestaan, en jy wat 100% vrou is ook uit emosies gemaak, raak dit soms ‘n onbegonne taak. Continue reading “Soms Voel Ek soos ‘n Boetebessie.”

MAAK NIE SAAK WAT NIE!

Jy weet wanneer mens jonk is, hier aan die einde van jou Hoërskool loopbaan dan roep die lewe, die moontlikhede lê oop voor jou. Jy sien so uit na hierdie nuwe fase van amper onafhanklik wording, van jou eie ding doen. Sjoe! Dit kan mos net lekker wees! En ook in dieselfde asem ‘n bietjie oorweldigend Jy het vrek hard gewerk vir jou mooi punte en om in jou Universiteit van keuse in te kom. En hier iewers in jou agterkop is die Hollywood flieks oor Uni, wat vassteek… wat al hierdie voorafopgestelde idees net verder versterk. Dit gaan ‘n fees wees!

Skielik bevind jy jou in hierdie volksvreemde wêreld, weg van die huis, ver van jou veiligheidsnet, en nou is en lyk die prentjie nie meer so rooskleurig nie. Jy twyfel bietjie in jouself, jy twyfel ewe skielik in hierdie rigting wat jy gekies het, en nou is jy nie meer so seker nie… alles normaal en deel van grootword. Continue reading “MAAK NIE SAAK WAT NIE!”