Om te laat gaan…

Ek dink die afgelope paar weke vreeslik aan die tema… ‘om te laat gaan’, hoe ongemaklik en moeilik dit soms is. Miskien is dit omdat ousus Universiteit toe gaan, en dis weer laat gaan van voor af…

Kleinsus was 6 jaar oud toe beland sy per ongeluk in ‘n  huisbak, van die sesde vloer af sien ek die liggie beweeg af, af, af tot op die grondvloer. Op daai spesifieke oomblik het ek nie geweet of ek moet afhol met die trappe, of net so bietjie moet vasstaan vir ‘n oomblik nie. Na paar minute, wat absoluut soos ‘n ewigheid gevoel het, maak die huisbak oop en ek kyk in die verskrikte ogies van kleinsus vas en al wat sy uitasem uitkry is: “Mamma, ek het nou ‘n hartaanval in my kop gehad.” Nou ja, ek dink partykeer  om te laat gaan voel so  bietjie soos ‘n hartaanval in jou kop.

Ek onthou baie goed toe altwee die girls moes klein skooltjie toe gaan, vir die eerste keer na kraamverlof, moes manlief hulle vat, ek het eenvoudig nie kans gesien om hulle in die vreemde te los, om te draai en weg te stap nie, ek het aande voor die tyd al begin huil oor die moeilike laat gaan. Continue reading “Om te laat gaan…”

Nuwe Jaar, Nuwe Dinge.

Met die uitloop van die laaste paar dae, ure, minute, sekondes van 2023 wonder ek oor 2024. Wat voorlê, ‘n onbekende jaar met nuwe dinge, verandering en natuurlik ‘n paar uitdagings.

Al troos vir ‘n splinternuwe jaar is die bekendheid van ‘n God wat goed is, ‘n God wat my ken, deur en deur. ‘n God met goeie planne vir my, wat ook reeds in 2024 is. Wat my en jou vooruitgaan met goedheid en guns.

En vriendin, miskien sukkel jy op die oomblik bietjie om Sy goedheid en guns in jou lewe raak te sien, miskien staan jy voor ‘n nuwe jaar, oorweldig, alleen, moedeloos… gaan soek Sy hart spesifiek vir jou in 2024, want Hy wag in afwagting dat jy die klop aan jou hart se deur sal hoor, Hy wag in afwagting dat jy die deur wawyd oop sal gooi en Hom sal innooi… Continue reading “Nuwe Jaar, Nuwe Dinge.”

‘n Dankbare Hart.

Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam, want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie… (Ps. 100:4-5)

As jong ouers van klein kindertjies was die refrein in die huis môre, oggend en aand: “Sê dankie mamma!” of “Hoe sê mens?”. Elke ouer se begeerte is tog goed-opgevoede kindertjies met mooi dankie en asseblief maniere.

As grootmense vergeet ons soms wat ons met soveel passie vir ons kleine kindertjies geleer het, maar dankbaarheid is soveel meer as net ‘n dankie. Dankbaarheid is ‘n dankbare hart en ‘n getuienis van ‘n lewe van dankbaarheid. Continue reading “‘n Dankbare Hart.”