
Sjoe! Dis moeilik om ‘n nuwe roetine of goeie gewoonte of wat ookal aan te leer. Dit is net merkwaardig maklik om daardie einste goed-aangeleerde gedrag af te leer. Dit is net ‘n dag of drie en jy is weer vasgevang in ‘n groef.
Dit tel ook vir sondes of slegte geestelike gewoontes waarmee jy sukkel en waaroor jy maklik struikel. Ons raak almal so nou en dan die spoor byster, die belangrikste is om dan net weer so spoedig moontlik die spoor te sny en op die regte pad te kom.
Ek het al gesê, een van my groot struikelblokke is my gedagtes, dan moet ek bysê, ek het ook, verkeerdelik, gedink ek het dit eens en vir altyd oorwin, en dat ek die dink-ding lekker onder die knie het. Ek praat spesifiek van die tipe gedagtes wat nie gerig is op die dinge daarbo nie, maar meer die tipe wat fokus aarde se kant toe. (Kol. 3:2) Continue reading “Die Spoor Byster Raak.”


