Hoor haar Hart.

 

Ek moes lag, onlangs sit ek buite en skryf op die stoep agter ‘n yl, maar welkome wintersonnetjie aan… manlief loop verby op pad ketel toe, ek vra: “Wat is ‘n mooi opskrif vir ‘n mooi verhouding tussen ‘n ouer en ‘n tiener. Hy trek net sy skouers op… ek weet ook nie, maar hey, ek en jy kan en moet aanhou probeer om die harte  van ons tienerkinders te bereik. Tou opgooi is absoluut nie ‘n opsie nie.

Jou tiener soek nie jou probleemoplossings vaardighede nie, dis eintlik maar goed bedoelde raad, uit jou hart uit, wat op dowe ore val. Vir hulle klink dit dieselfde as beterweterigheid. Continue reading “Hoor haar Hart.”

Adolf Hitler en Genade…

Ek is lank met hierdie gedagte uitgedaag van genade en mense wat ek dink nie noodwendig genade verdien nie, en dit het, ek wil amper sê, jare gevat om te verstaan. Ek besef ook net weer en weer, my en jou menslike verstand is heeltemal te klein om genade in sy volheid te verstaan, en nou praat ek spesifiek van God se genade teenoor die mens, teenoor my en jou.

Menslike genade skiet meestal te kort, skiet altyd te kort. Menslike genade lyk meer soos oordeel met ‘n klomp asse wat agterna gegooi word. As jy net bietjie harder probeer… As jy net nog bietjie kan groei… As jy net bietjie minder sondig… bietjie meer gee… my genade en geduld met jou is op… Die mens is nie in staat tot genade in sy Goddelike vorm nie.

Wie is die mees gehaatste mens op aarde dink jy? Ek weet nie hoekom nie, maar ek het sommer aan Adolf Hitler gedink, hy haal beslis nie my lys vir ‘n goeie mens wat genade verdien nie, inteendeel… Continue reading “Adolf Hitler en Genade…”

Een-Oog-Sokkie-Monster.

 

Ek het ‘n probleem in my huis. Sokkies kry voete. Ook nie albei sokkies nie, een bly altyd agter… ‘n konstante herinnering vir my A+++ persoonlikheid dat daar iewers sokkies wegkruip; wie weet waar in my huishouding.

Ek wil ook net byvoeg hierdie een-oog-sokkie-monster is net agter tiener en jong volwassene sokkies aan, en dis beslis nie my kinders se skuld nie, hulle is so onskuldig soos pasgebore babatjies. Die redes hoekom die monster ook net in jonger sokkies belangstel ontwyk my totaal en al… wat ek wel weet; daar is 20 eensame (ek het opgestaan en gaan tel) sokkies bokant my wasmasjien in ‘n houer. ‘n Hoekie vir eensames, maar net vir sokkies… van alle kleure en vorms. Continue reading “Een-Oog-Sokkie-Monster.”