
Met jou eerste baba moet alles mos ordentlik gedoen word, volgens die boek, die regte manier. So wanneer die fopspeen val word hy gewas en geborsel en gesteriliseer vir 10 minute in die mikrogolfoond, as ek reg onthou. Dis ‘n goeie 19 jaar gelede, so die onthou is soms vaag. Met tweede kinders is tyd ‘n oorweging en meermale ‘n probleem, so die 3 sekonde reël geld dan, as jy die fopspeen binne die geallokeerde 3 sekondes kan opraap dan suig jy hom net so twee keer… en die fopspeen is… good to go. Mits die fopspeen op ‘n Mall se vloer geval het, dan beter jy hoop jy het ‘n ekstra skoon enetjie in die doeksak oor jou skouer.
Ousus het haar fopspeen op 9 maande vir goed weggegooi. Sy het verkeerdelik gedink die Goeie Vader het nie verniet vir haar twee duimpies gegee nie. Kleinsus het so bietjie langer aan die fopspeen vasgeklou, maar van die twee het sy ook die beter immuniteit, seker oor al die valle, optelle en 3 sekonde reëls wat gegeld het. Continue reading “Die Vyf Sekonde Reël.”


