Die Storie van die Boom.

Vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here ‘n toevlug, ‘n skuilplek in tye van nood. Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U, want U, Here, laat dié wat vra na U WIL, nie in die steek nie. (Ps. 9:10-11)

Op die vlakte, tussen sand en stof, in die Suide van Namibië staan ‘n boom tussen êrens en nêrens. Die Boom vertel ‘n storie van swaakry, uithou, aanhou en oorwinning. Van ver af is dit ‘n pragtige boom, ‘n boom wat jy wil verewig op kamera, maar soos jy nader stap en wil kennis maak met die boom, vertel die boom ‘n heel ander storie.

‘n Storie van seer, dood en struikeling. In die middel van die boom groei ‘n dooie tak ‘n halwe meter bo die top van die boom uit, die stam ‘n stille getuienis van intense seerkry, en selfs, gedeeltelike dood. Sien vriendin, hier in die woestynagtigheid moes hierdie boom kies… lewe of dood. Die keuse om te lewe en te floreer ten spyte van woestyn omstandighede is soms moeilik. Die besluit om kop op te tel en voort te beur in geloof, en vertroue. Om te blom ten spyte van ongunstige omstandighede. Continue reading “Die Storie van die Boom.”

U is Mooi!

Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Sion sê: Jou God is Koning! (Jes. 52:7 1953)

Ek en kleinsus ry die ander oggend skool toe, dis dieselfde tyd wat ek begin dink het die winter is verby… toe nie. . Nietemin op pad skool toe aanskou ons ‘n sonsopkoms, maar een vir die boeke… een van daardie soel, mooi oggende met kleure getooi wat jy sukkel om in woorde te beskryf.

Kleinsus, wat hou van teken en kuns merk tereg op, dis net God wat dit kan regkry om dit so mooi, perfek te laat lyk. En ek weet, ek het al male sonder tal probeer om die perfekte foto te neem van ‘n sonsopkoms, jy kan maar stel aan jou slim kameratjie tot jy blou is in die gesig, dis net duskant onmoontlik. Dis ‘n God-ding. Continue reading “U is Mooi!”

Vier Een Kolletjie Kolletjie Een Nul.

Was jy al so bang dat jy nie lekker kan asemhaal nie? ‘n Ongemaklike gevoel, maar tog ‘n gevoel waarmee ons almal eintlik heel goed vertroud is. Bang is ‘n emosie wat baie verg maar niks gee behalwe vrees nie. Vrees wat oorloop uit ons hart en menswees sit om in angs en paniek.

Ons het in Roodepoort gebly voor ons destyds Kaap toe getrek het, op daardie stadium het Manlief redelik uit gewerk, in ander lande en in ander provinsies. Dit het eintlik heel gereeld gebeur dat ek en die girls alleen by die huis was. Soms was ek banger as ander tye, Johannesburg is mos maar bekend vir sy Wilde Weste aspek. Boonop voel mens mos dan erg verantwoordelik vir die twee sussies wat God vir jou gegee het om groot te maak.

Nietemin, een aand sit ek en die girls op die bed, en hulle is nog so bitterlik klein. Ousus was seker 6 en kleinsus 2 en ‘n bietjie. En hierdie mamma is bang, baie bang. As die honde blaf gaan kyk ek, ek sê niks nie, maar so goed soos ons dink ons kan emosies vir ons kinders wegsteek is dit eintlik lagwekkend hoe maklik hulle deur ons sien. Continue reading “Vier Een Kolletjie Kolletjie Een Nul.”