S T O P

The truth of the matter is that you always know the right thing to do. The hard part is doing it.  (Norman Schwarzkopf)

Soos oudergewoonte stap ek en manlief weer ‘n paar Saterdae terug dorp toe. Durbanville voel vir my soos ‘n dorp en as jy in die hoofstraat kuier voel dit soos platteland, kompleet met ‘n Koöperasie en Pep Boutique aan weerskante van die straat.

Ons sit en drink koffie   naby ‘n stopstraat. Manlief weet al, ek kry die sitplek waar ek mense en hulle dinge kan dophou. Ek hou van mense.

Nietemin, hier sit ons en koffie drink naby die stopteken, en as jy lank genoeg sit, besef jy net so een uit elke vier voertuie stop, 2 uit 4 ry darem stadiger soos hulle nader kom, maar die res jaag sommer net oor die stopstraat… hoekom? Want hulle kan, en wil en gaan… Continue reading “S T O P”

‘n Ma wat Worry.

Ek sien die anderdag ‘n oulike video-clip van ‘n ma en haar dogter. Die dogter is sekerlik al diep in haar sestigs en die ma laat tagtigs. Die dogter vra vir die ma: “So mom, when did you stop stressing about us kids…?” Die ma draai na die dogter en sê: “Well dear, as soon as that happens, I’ll let you know…” Lyk my ‘n Ma wat gedurig oor haar kinders worry is ‘n ding. Ai, so die einde van bekommerd wees oor kinders is nie in sig nie…

Audrey Hepburn het gesê: Die moeilikste deel van moederskap is die innerlike bekommernis en hoe om dit nie te wys nie. 

Die probleem is, kinders is jou hart wat buite rondloop. Ek besoek nie te lank terug my Ginekoloog nie, sy vertel van ‘n Pappa wat so verlig was om die baba se hartjie te sien klop nadat daar probleme was, dat hy begin huil het. Hy vra toe benoud vir die Dokter wanneer gaan die gevoel van stres oor hierdie klein mensie beter raak? Op 12 weke? Die eerlike antwoord en waarheid is heel waarskynlik nader aan … NOOIT NIE! Dis stresvol om ‘n ouer te wees.

En ek kry die oumagrootjies die heel jammerste. Ek onthou my ouma het ‘n hele lys gehad van kinders, kleinkinders en agterkleinkinders waarvoor sy elke oggend en elke aand gebid het. Harde werk om ‘n biddende ma, ouma en oumagrootjie te wees. Groot verantwoordelikheid ook! Continue reading “‘n Ma wat Worry.”

Ek sal vir jou Veg!

Ek loop al ‘n hele rukkie met die gedagte rond van oorlogvoering teen die vyand en presies hoe dit werk en lyk. Ek tob ‘n bietjie, vra baie vrae… en dan luister ek weer ‘n bietjie.

Ek wil eerste sê ons mensdom moet ophou om die vyand onnodige krediet te gee… Hy is verseker slu, agterbaks, ‘n gladde, glibberige kalant. Hy is nie wat hy voorgee nie, en dis soms bitterlik moeilik om te onderskei wat is wat, maar sy doen is beperk.

So dis wat ek weet… die oorlog is reeds gewen. Lig het teen donker die opperhand gekry, dis gedoen. Dis klaar! Dit is volbring aan die middelste kruis op Golgotha. “Ek het die wêreld klaar oorwin.” Sê my en jou Verlosser. (Joh. 16:33)

Continue reading “Ek sal vir jou Veg!”