Ma van die Jaar.

Ma, jy het self geen groot katedrale gebou nie, maar jou hele lewe was ‘n katedraal ter ere van God. (Thomas Fessenden)

Hierdie stukkie het ek ‘n paar jaar terug geskryf, ek het dit so bietjie afgestof, want ek dink ons mammas moet meer as gereeld hoor: Dis okay om nie perfek te wees nie…

Kleinsus was nog iewers in die laerskool toe ek haar een oggend skool toe vat. Ons is nie laat nie, ons is nie gejaag nie, ons is net lekker. Hier voor my trek ‘n groot voertuig met ‘n ruk op die sypaadjie op en daar vlieg ‘n mamma uit, maar sy is nie vies nie, sy is nie kwaad nie… sy is woedend. Sy gooi haar kinders se tasse op die sypaadjie, klim terug en ry weg… sonder ‘n baai, ‘n drukkie… en die ou dogtertjie loop so skrams verby ons en die gesiggie is besmeer met trane… en ewe skielik voel ek sommer ook na huil… Continue reading “Ma van die Jaar.”

My Man se Vrou is ‘HOT’.

Ek voel al vir ‘n geruime tydjie nie so heeltemal tuis in my eie vel nie. Meeste van die tyd het ek dit afgemaak as spanning, of dalk is ek besig om siek te word of iets. Elke skeet, pyn en subtiele verandering beteken iets, maar heel waarskynlik niks. Vir maklik ses maande kan ek nie verduidelik hoekom my hart sommer net op loop gaan met tye nie, dan wonder ek nogals waaroor kan ek nou moontlik stres, meer en anders as gewoonlik?

Ek begin half sleg slaap, en dan is ek natuurlik lekker moeg deur die dag… en teen 20h00 dop ek om. Ek lees die anderdag ‘n stukkie op FB! En dis skreesnaaks so akkuraat beskryf dit my slaappatrone van deesdae…

LYF: “Dit is laat. Jy beter nou slaap.”
BREIN: “Hi, skies ek pla. Soek jy die goedjies wat dalk môre kan skeefloop in alfabetiese of kronologiese volgorde.” Continue reading “My Man se Vrou is ‘HOT’.”

God is ALLES vir ALTYD.

God is ALLES.

Alles het deur  Hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan het, het sonder Hom tot stand gekom nie. (Joh. 1:3) Ja, wat U bepaal het, staan vandag nog vas, alles is aan U onderworpe. (Ps. 119:91). Inteendeel, dit is U wat aan almal lewe en asem en alles gee. (Hand. 17:25)

Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare. (Ps. 34:5) Nou weet ek dat U tot alles in staat is en dat U kan uitvoer wat U besluit het. (Job 42:2)

Ons weet ook dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens Sy besluit geroep is. (Rom. 8:28) Meer as dit,  in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. (Rom. 8:37) Continue reading “God is ALLES vir ALTYD.”