Goedheid wat my Inhardloop.

Ek loop al die hele week met die tema van God se goedheid in my hart rond, maar dis nie sommer net goedheid nie, dis uitspattige goedheid wat jou inhardloop, inhaal en oorrompel. Wil jy weet hoe die prentjie in my kop lyk van God se goedheid? Die Pa wat die verlore seun staan en inwag op die bultjie, en dan wanneer Hy hierdie nikswerd, sondige, verlore seun op die horison raaksien, los Hy alles net so, dan begin Hy hardloop, met uitgestrekte arms… en Hy raap hom uitasem op en druk hom styf teen Sy bors vas…

With the goodness of God to desire our highest welfare, the wisdom of God to plan it, and the power of God to achieve it, what do we lack? Surely, we are the most favored of all creatures. (AW Tozer) Continue reading “Goedheid wat my Inhardloop.”

‘n Pa se Liefde.

Die meeste Eerstewêreldse kinders ly aan die te-veel-ma-te-min-pa-sindroom. (Gloria Steinem)

Die Afrikaanse idoom sê: Van nuuskierigheid is die tronke vol en die kerke leeg. Dit mag waar wees van nuuskierigheid, maar die oorvol tronke, of dit nou van nuuskierigheid is of nie, sit vol van misdadigers met reuse leemtes in hulle harte wat eintlik deur Pa’s se liefde gevul moes gewees het.

Ons kan die deugde van moeders besing en die rolle wat hulle speel kan niemand eers probeer ontken nie, maar op geen manier kan ‘n Ma ooit die plek van ‘n Pa volstaan nie. Al probeer sy hoe hard, ‘n afwesige Pa sal ‘n leemte in ‘n kind se hart so groot soos Kimberly se gat veroorsaak, en kinders probeer om die leemte, die pappa-holte te vul met alles wat wêrelds en verkeerd is. Continue reading “‘n Pa se Liefde.”

Marta, Marta…

Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor so baie dinge… (Luk. 10:41) Sal Ek jou ooit verlaat? Jou ooit in die steek laat? Ek is jou Helper,  jy hoef oor niks bekommerd te wees nie. (Heb. 13:5-6) Daarom is dit Ek wat vir jou sê: “Moet jou nie so bekommer nie!” (Matt. 6:25) Moet nie bang wees nie, jy is meer werd as baie mossies. (Matt. 10:31)

Moet oor niks besorg wees nie, Ek is naby. (Filip. 4:5-6) Wees op jou hoede dat jou gees nie afgestomp raak deur die sorge van die lewe nie. (Luk. 21:34) Jou bekommernis oor alles druk jou net neer. (Spr. 12:25) Rig jou gedagtes eerder op die dinge daarbo, nie op die dinge wat op die aarde is nie. (Kol. 3:2) Moenie vergeet, kind na aan My hart, niks kan jou skei van My liefde vir jou nie. (Rom. 8:39) Niks wat jy sê, niks wat jy doen… Continue reading “Marta, Marta…”