Liewe Abba,

(Ope brief van ‘n mamma op aarde aan haar hemelse Abba)

2Wees my genadig, o God,
Wees my genadig, want by U skuil Ek;
in die skadu van U vlerke sal ek skuil…

4 Ek roep na God, die Allerhoogste,
na God, wat namens my vergeld.

5 Hy sal uit die hemel hulp stuur
en my verlos.
Hy verwar hom wat my teister.
God sal sy troue liefde
en sy waarheid stuur.

10 Ek wil U dank onder die volke, my Heer,
ek wil U besing onder die nasies;

11want groot, tot aan die hemel,
reik U troue liefde;
tot by die wolke is U waarheid.

12 Verhef U bo die hemele, o God,
U heerlikheid oor die hele aarde.

(Psalms 57, 2020)

Continue reading “Liewe Abba,”

Wat jy dink, is wat jy sien, is wat jy word!

Ons het ‘n wyle terug, vir ‘n paar maande, met ‘n oulike klein karretjie gery.  Die eerste keer wat manlief van ‘n UP praat moes ek eers vra vir ‘n prentjie, want ek het nog NOOIT van so kar gehoor; of selfs iewers raakgesien nie.

So kry ons die karretjie en hoe meer UP’s sien ek raak, oral. Alle kleure, wit, grys, blou, charcoal. En ek wonder hoekom ek dit ewe skielik sien? En die eenvoudige rede: dis aangeleerde gedrag. Ek het vir my brein gesê om op die uitkyk te wees vir die spesifieke karretjie.

En baie interessant op die oomblike sien ek orals Mini Coopers raak, (ek weet is dit nie ‘n ougat karretjie nie? Ander dag op pad skool toe en terug het ek 8 getel!) Continue reading “Wat jy dink, is wat jy sien, is wat jy word!”

Dood, waar is jou angel dan nou?

(Opgedra aan almal wat moet agterbly en aangaan)

55 “Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?” 57 Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus. (1 Kor. 15)

Kleine kindertjies dink konkreet oor die dood, dis moeilik om te dink iemand is terselftertyd onder die grond en in die hemel by Liewe Jesus. Een of ander tyd moet daardie persoon mos wakker word en wel… leef! My eerste ontmoeting met die dood het net vrees en angs gebring. Ons liewe, dierbare, stekel brakkie het onder ‘n motor beland toe ek seker so 8 jaar oud was. Die klein brakkie was ‘n regte Houdini, uitkom, oorklim en rondloop was sy ding.

Toontjies het motors gejaag en geblaf asof dit die lekkerste tydverdryf op aarde was, terwyl ons salig onbewus was dat hy alweer uitgeglip het. Met Toontjies se verwisseling van die tydelike met die ewige, het daar ‘n ongemaklikheid in my siel kom sit oor Dood en die effek van dood…

Nietemin, die nag lê ek met groot oë op my grondbed langs my ma se bed, met net die getik van die wekker op die bedkassie wat later vibreer tot in my bang kinderhartjie. Continue reading “Dood, waar is jou angel dan nou?”