Die storie van die Diamant.

Eendag, lank lank gelede was daar diep diep onder die grond ‘n stukkie koolstof, sy was nie gelukkig nie, maar ook nie juis ongelukkig nie… maar sy het altyd gehoop, gedink, gewonder of sy nie meer behoort te wees nie. Sy het met God hieroor gepraat… en ja werklikwaar daar was meer, God het haar belowe, Hy, wat goed is, sal haar nooit begewe of verlaat nie.

Soos die tyd aanbeweeg, baie baie tyd, en die druk van die lewe haar ampertjies onder kry, druk sy deur en sy hou vas aan die soom van Jesus. Omdat sy diep onder die aardkors bly, is dit warm, amper te warm. En sy ‘suffer’ soos die Engelsman sê, en dis warm en die druk hou net eenvoudig nooit op nie, maar tussen die ongemak en pyn, bly sy altyd bewus van Hom wat haar regterhand styf in Syne vashou! Continue reading “Die storie van die Diamant.”

Ezer Kanegdo.

Ezer Kanegdo is ‘n Hebreeuse woord. Dit beteken om te red/en om sterk te wees. Ezer beteken ook om ‘n Vegter te wees, ‘n Helper. Dit beteken om ‘n Lewensredder te wees. Die frase word ook gebruik om God te beskryf, wanneer jy absoluut desperaat is vir Hom om jou te red. Kanegdo beteken die teenoorgestelde van…

Die mens is geskape vir verhouding, om saam te wees, om lief te hê. God het die man en vrou geskape, na Sy beeld, op dieselfde manier, maar tog verskillend. Met verskillende chromosome, met verskillende hormone, met verskillende drome, met verskillende funksies. Nie minder nie, gelyk, maar anders.

God het vir Eva geskape, God het vir my en jou geskape vriendin, as ons manne se Ezer Kanegdo. God het besluit en gesê: “Dit is nie goed dat die mens (Adam) alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n helper maak, as sy gelyke.” (Gen. 2:18)

Continue reading “Ezer Kanegdo.”

Herfs…

Ek is nie noodwendig ‘n seisoen gebonde mens nie. Daar is nie ‘n seisoen wat só uitstaan bo die ander nie. Met die groot semi-grasie van Gauteng Kaap se kant toe, was daar tog ‘n klein hoekie van my hart wat effe bekommerd was oor die lang, nat winters, die lang donker dae, maar nee wat, dit het sinoniem geraak met snoesigheid, kaggel en warm sjokolade.

Herfs is vir my ‘n besondere maand, herfs kom kondig aan dat die winter op pad is, dat die natuur moet regkry vir hiberneer en dalk selfs ‘n bietjie rus! Nietemin, die herfsoggende in April en stukkie van Mei is net vir my asemrowend, wanneer ek moet taxi ry skool toe is dit amper die heel mooiste buite, en ek voel sommer naby aan God se skepping en ook naby aan Sy hart.

Dis asof ek Hom kan sien in die mooi van dit om my. Die ander oggend ry ek terug huis toe en die berge in hulle grootsheid troon op die horison, die son het toe al skamerig sy kop uitgesteek, en die wolke hang so saggies oor die berge, so al asof die berge troos kort. Continue reading “Herfs…”