
Vandag se stukkie is bedoel vir jong harte wat nie skroom om die regte ding te doen nie, wat opstaan vir wat reg en goed is.
Beste raad wat ek vir jou kan gee is: Laat God toe om jou huweliksmaat van eendag namens jou te kies, so sal jy nooit as te nimmer die grootste fout van jou lewe maak nie. Bid sommer nou al vir jou lewensmaat van eendag, bid vir hom of haar vir wysheid, insig en ‘n uithouvermoë…
Die Here het man en vrou een gemaak, een in liggaam en gees. En waarom een? Omdat Hy wil hê dat daar ‘m nageslag moet wees wat Hom eer. (Mal. 2:15)
Eenheid in die huwelik gebeur wanneer ‘n man en ‘n vrou; wel een word. Dit is die voltrekking van ‘n huwelik. Wanneer jy voor die huwelik met iemand slaap, of eerder wakker bly, dan trou jy in werklikheid met daardie persoon, jy kort net die papiertjie om dit wettig te maak in die oë van mense. Continue reading “‘n Heel Hart.”


