U is…

U is vir my en nie teen my nie, dit weet ek met sekerheid. U is my God, soos U die God van Abraham, Jakob en Isak is. Dis persoonlik.

U is daar in my huil en in my lag, in my droefheid en in my vreugde. U is lankmoedig, geduldig met my en vol liefde. U is genade. U is ‘n jaloerse God, U is ‘n verterende vuur wat onverdeelde trou vereis van my. (Deut. 4:24)

Here wanneer ek verlate, eensaam en alleen voel weet ek dat ek weet, omdat U is, kan ek net wees. U is my Vrede, wat emmers vol genade oor my hoof uitstort. Ek verdien niks van U goedheid en guns nie, maar tog dis U wat my by ‘n feesmaal laat aansit terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos ‘n eregas, kompleet asof ek iemand belangrik is, U oorlaai my met U hartlikheid. (Ps. 23) Continue reading “U is…”

Ode aan Vader.

“Heilig, heilige, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom. Here, ons God, my God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur U wil het alles ontstaan en is dit geskep.” (Openb. 4:8,11)

Here, tye soos nou, wanneer die wêreld ‘n vyandige plek is, tye van vrees en onsekerheid, dis tye soos dié dat ek net U goedheid en vrede wil in adem, tot ek tot oorlopens toe vol is van U teenwoordigheid en liefde. Here, wat ek met onsekere treë U troonkamer ongesiens wil inkruip net om te wees, naby aan U hart te wees… Continue reading “Ode aan Vader.”