Ek sal vra, antwoord jy My!

In die begin het Ek die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, My GEES het oor die waters gesweef. Toe het Ek gesê: “Laat daar LIG wees!” En daar was lig. (Gen. 1:1-3) Op die sesde dag het Ek die mens geskape, as My verteenwoordiger, na My beeld. (Gen. 1:27) Van die skepping van die wêreld af kan jy mensekind uit My werke duidelik aflei dat My krag ewigdurend is en dat Ek waarlik God is. (Rom. 1:20)

Voordat die berge gebore is, voordat Ek die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is Ek God! (Ps. 90:2) Ek het die hemele met My eie hande gemaak. (Ps. 102:26)

Bedags sal dit nie die son wees wat vir jou lig gee nie, snags sal dit nie die maan wees wat oor jou skyn nie, want Ek sal vir jou ‘n ewige LIG wees. Ek is jou son en maan, Ek gaan nie onder nie en word ook nie dof nie. (Jes. 60:19-20) Voor My was daar geen god nie, en na My sal daar ook nie een wees nie. (Jes. 43:10) Wat Ek doen kan niemand ongedaan maak nie. (Jes. 43:13) Continue reading “Ek sal vra, antwoord jy My!”

Met Oopgestrekte Arms.

Ek kyk weer die ander dag bietjie die foto albums deur en kry ‘n kosbare foto van kleinsus wat hier tussen hemel en aarde in ‘n foto vasgevang is. Toe die girls baie kleiner was, het Jannie hulle altyd so lekker hoog in die lug op gegooi, dit was vir hulle vet pret, die armpies vol dimpels, uitgestrek in die lug, sorgvry. Oopbek skatterlaggies en mooi smeek-vra: “Nog, nog!” Hulle is nie eers vir ‘n oomblik bekommerd dat hulle pappa mis kan vang nie. Ek het verseker nie bang kinders grootgemaak nie…

Kleuters is darem net dierbaar verby, hulle wys graag met sulke uitgestrekte armpies só lief het ek vir mamma. Hulle kreun en steun die armpies breek amper af soos hulle wys. Dan weet jy mos die klein dingetjie wat hier voor jou staan, met die uitgestrekte arms, het jou regtig egtig lief. Continue reading “Met Oopgestrekte Arms.”

Leeu van Juda.

Lank lank gelede toe ek 10 jaar oud was, net na my oupa se afsterwe, het ek een nag ‘n verskriklike droom gehad wat ek tot vandag toe onthou! Die dood van my oupa was traumaties, ek was bitter lief vir hom en as klein dogtertjie was ek bietjie kwaad vir God… daar was baie kleinkinders wat niks van hulle oupas gehou het nie, hoekom het Hy my oupa kom haal…?

Iedergeval, ek droom die nag ek staan in die gang van my grootword-huis met my rug teen die muur en voor my staan ‘n vieslike leeu, groot, vol merke van vorige gevegte. Sy oë is vol dood en haat… vir my. Hy stap met afgemete treë nader en nader… En ek weet dat ek weet, ek is in groot moeilikheid, hy gaan my verskeur en opvreet tot daar net ‘n bloedkolletjie en ‘n paar skoongevrete bene oorbly. Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. (1Pet. 5:8-9) Continue reading “Leeu van Juda.”