U is Mooi!

Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Sion sê: Jou God is Koning! (Jes. 52:7 1953)

Ek en kleinsus ry die ander oggend skool toe, dis dieselfde tyd wat ek begin dink het die winter is verby… toe nie. . Nietemin op pad skool toe aanskou ons ‘n sonsopkoms, maar een vir die boeke… een van daardie soel, mooi oggende met kleure getooi wat jy sukkel om in woorde te beskryf.

Kleinsus, wat hou van teken en kuns merk tereg op, dis net God wat dit kan regkry om dit so mooi, perfek te laat lyk. En ek weet, ek het al male sonder tal probeer om die perfekte foto te neem van ‘n sonsopkoms, jy kan maar stel aan jou slim kameratjie tot jy blou is in die gesig, dis net duskant onmoontlik. Dis ‘n God-ding. Continue reading “U is Mooi!”

God is ALLES vir ALTYD.

God is ALLES.

Alles het deur  Hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan het, het sonder Hom tot stand gekom nie. (Joh. 1:3) Ja, wat U bepaal het, staan vandag nog vas, alles is aan U onderworpe. (Ps. 119:91). Inteendeel, dit is U wat aan almal lewe en asem en alles gee. (Hand. 17:25)

Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare. (Ps. 34:5) Nou weet ek dat U tot alles in staat is en dat U kan uitvoer wat U besluit het. (Job 42:2)

Ons weet ook dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens Sy besluit geroep is. (Rom. 8:28) Meer as dit,  in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. (Rom. 8:37) Continue reading “God is ALLES vir ALTYD.”

God is ‘n Koelteboom.

Ek het iemand eenkeer hoor sê: God is ‘n Koelteboom. En dit het my vir weke bygebly. Ek het al gesê ek hou baie van bome, nou soek ek ‘n voorbeeld van ‘n boom wat ek dink ‘n goeie instaan boom kan wees van God se goedheid en guns. ‘n Boom wat uitskree… God is my skuiling en my behoud.

‘n Silver birch is besonders en my gunsteling boom, met sy stam wat ek nie anders kan nie, maar net aan wil vat. Dan is daar ‘n Baobab, ‘n pragtige boom wat kompleet lyk of die Vader hom onderste-bo geplant het.

Die apiesdoring wat peule afgooi en dorings het of die koorsboom met sy groen, poeieragtige stam… weet jy waar het die koorsboom sy naam vandaan gekry? Toetertyd se mense het geglo die boom maak jou siek en veroorsaak koors, later het hulle agtergekom dat koorsbome groei in gebiede wat malaria het. Misterie opgelos… Continue reading “God is ‘n Koelteboom.”